R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die springbok, Ashwin Willemse se Greensmile Foundation het vanaf 5-9 Oktober 2014 'n 0/15 Greensmile Uitnodigings Span na die SA Rugby Legends se jaarlikse Iqhawe Nasionale Ontwikkelings Rugby Toernooi in die Kaap gestuur.
Die spelers is gekies vanuit die 8 Greensmile skole in die Overberg, nl Swartberg, Emil Weder, Groenberg, Hawston, Villiersdorp, Albert Myburgh, Gansbaai Akademia en De Rust Futura. Hierdie span het egter almal verbaas en het die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hul die ontwikkelingspanne van die Leeus, Bulle en die OP geklop het. Wat hierdie prestasie nog meer indrukwekkend maak is die feit dat hierdie spelers uitgeval het by die Boland proewe, en as n streek span teen volwaardige uniespanne gekompeteer het, nadat Natal onverwags onttrek het.
Die span het ook algehele 3de plek behaal uit n totaal van 14 spanne. Die span is afgerig deur die Gansbaaier, Danver August, wat verbonde is aan die Overstrand Munisipaliteit se afrigtingsprogram by Gansbaai se gemeenskaplike sportgronde. Drie leerders van Gansbaai Academia is in die span opgeneem, Jonathan Martin (8), Donnadue de Villiers (10) en Wimpie van Dyk (1).
Die bestuur van die Greensmile Uitnodiging Span wil graag die ouers bedank vir hul bydrae, asook die borge, nl: Afc, Mnr& Me Paul de Villiers,Robert Hendricks, Louis Jordaan, Ray Moore, Genadendal Rugby Klub, wat n bydrae gelewer het tot die sukses van die jong span. Baie dankie ook aan die skole wat hul onbaatsugtige ondersteuning gee aan die Greensmile Foundation.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.