R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai spog met ‘n Potspel-skeidsregter wat met Springbokklere vereer is. Dit is niemand anders nie as Tanya Smit (28), een van die Gansbaai Administrasie van die Overstrand Munisipaliteit se Hoofklerke. Tanya het sowat 5 jaar gelede met die sport Potspel (“Pool”) begin, maar 3 jaar gelede as skeidsregter gekwalifiseer. Sy het besluit dat dít eintlik is waar haar liefde vir die spel gesetel is. Tanya dien as skeidsregter vir Western Province Country Region (WPCR). Sommer in haar eerste jaar as skeidsregter is Tanya tydens ‘n SA Toernooi in 2012 as “Skeidsregter van die Toernooi” aangewys, wat ‘n groot prestasie was.
Nou is sy met Springbokklere as Potspelskeidsregter vir WPCR in die Wes-Kaap vereer en die gemeenskap kan sommer baie trots wees op haar.
“Ek en al haar kollegas is baie trots op haar en wens haar baie strekte toe in hierdie posisie,” sê mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Gansbaai Administrasie van die Overstrand Munisipaliteit.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.