R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Overberg Rots- en Strandhengelklub het verlede naweek op Stilbaai aan die jaarlikse hengel kompetisie teen Stilbaai klub deelgeneem. Reeds van Donderdagaand af het die manne van Gansbaai met blink stokke, ge-oliede katrolle en vars (vrot) aas opgetrek Stilbaai toe. Terwyl Leibrandt Vrydag die nodige inkopies gedoen het, het die res van die klub solank die hengelareas verken want daar was nie sprake daarvan dat ons weer soos verlede jaar stert tussen die bene huis toe gestuur sou word nie.
Al drie-en-veertig stuks van Gansbaai het op Jongensfontein tuisgegaan waar die vure vroegaand aangesteek is. Voor die potte opgesit is moes ons net eers op Stilbaai gaan inskryf en luister volgens watter reëls daar gehengel sou word. Ons het die manne van Stilbaai ontmoet en was half ontsenu om te sien wie die volgende dag in hulle span sou hengel. Daar was 2 Springbokke, 1 junior Springbok, 2 Sprinbok B- en verskeie Suid-Kaap hengelaars in hulle midde!! Dan is Stilbaai ook nog die kampioenklub in die Suid-Kaap en gaan einde Oktober aan die nasionale klub kampioenskappe deelneem.
Terug by die kamp op Jongensfontein het ons om die potte gaan sit en die volgende dag se hengel bespreek. Elkeen het sy opinie geopper en is daar besluit wie sou waar gaan hengel. Ons is maar vroeg kooi toe want die manne wat Blombos gaan hengel het moes al 03h30 uit die vere wees. Ons is deur 'n pragtige oggend begroet en teen 06h00 was die lyne in die water.
So teen 06h05 was Stilbaai net so links van my vas met 'n mooi vis. My hoop dat hy die vis moes verloor het ongelukkig beskaam en het die Stilbaaier 'n pragtige 6,5 kg mosselkraker, of soos hulle dit noem, 'n beenbek, geland. Gelukkig kom die tyding so teen 07h30 deur dat Oubaas Lesch ook 'n jong mosselkraker en 'n witsteenbras geland het. Die res van die dag kry ons net tydings van vis wat deur die Stilbaaiers geland word. Die skale sou om 16h00 sluit en teen 14h30 het ons nog geen tyding van Blombos af gekry nie. Teen 15h00 kom die sms’e deur dat daar mooi vis op Blombos uitgekom het.
Net voor die skale sluit arriveer Gansbaai se Arno van der Merwe, Sihan Toua, Morne Olivier en Henry Smit met hulle vangste. Al die vis is “kring” toe waar dit gemeet, geweeg en op die kaarte aangeteken is.
Die prysuitdeling is eers 19h00, gelukkig is daar 'n “pawiljoentjie gemaak” in die klubhuis waar ons die dag se rugby op die “bigscreen” kon kyk. Met genoeg koel verversings en pittige opmerkings oor die “ref” was die moegheid gou vergete en het dit plek gemaak vir lekker lag en gesels.
Uiteindelik neem Willie Welman, Stilbaai se voorsitter, die mikrofoon en maak daarmee 'n einde aan die gewag. Eers word die individuele pryse aangekondig: Arno van der Merwe met sy 2 galjoene van 48 cm en 56cm, Oubaas Lesch met sy mosselkraker en witsteenbras en dan die individuele wenner, Morne Olivier van Overberg met sy galjoene en kolsterte.
Dan kondig Willie aan dat Overberg die wenklub is en vir die volgende 12 maande die houer van die gesogte wisseltrofee is. Nodeloos om te sê dat daar tot laat gebraai en gevier is!! Frans Claassen, Overberg se Voorsitter, het ook tydens sy toespraak die geleentheid goed gebruik om Stilbaai se neuse behoorlik in die sand te vryf. Hy het ook Stilbaai bedank vir hul gasvryheid en ook die borge van die naweek bedank, nl Jan de Kock; Niël van Niekerk; Kuilsrivier Battery Centre; en Overstrand Makelaars. Sondagoggend eers 'n lekker ontbyt, nabetragting en toe terug Gansbaai toe met die Trofee.
Klub korrespondent
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.