R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” (Open. 3:20)
Ken jy dáárdie gevoel as jy wag vir ’n belangrike oproep? Dalk het jy aansoek gedoen om ’n werk en jy moet hoor of jy die betrekking gekry het. Dit kan dalk wees dat jy bekommerd is oor jou kinders vêr in die vreemde en jy hoor niks van hulle nie. Miskien is jy die man of vrou wat deur jou geliefde verlaat is en jy sit angstig en wag en kyk na jou selfoon of daar nie tog weer ’n oproep gaan deurkom nie. Dalk onthou jy nog jou skooldae toe jy gehoop het die afrigter bel en sê jy het plek in die span gekry.
Ons almal wil tog maar voel dat iemand ons nodig het, of ons gaan bel om te hoor hoe dit met ons gaan. Wat erger is as die wag, is die teleurstelling as die dag verby is en jy moet gaan slaap sonder dat iets gebeur het. Dis baie moeilik om só ’n situasie te verwerk. Dalk is Psalm 4:5 hier ’n antwoord: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!” Dis ’n kuns wat ons moet aanleer en dit werk beslis: Om enige onafgehandelde taak of situasie netjies toe te vou en dit aan die HERE oor te gee. Jy moet besef Hy is in beheer – en Hy weet die beste en watter tyd is die beste!
Tog is daar één oproep waarvoor jy nooit moet ophou wag nie. Dit is wanneer die HERE Jesus aan jou deur kom klop en jou nooi om saam met Hom maaltyd te hou. (Open. 3:20) Ja, ons HERE Jesus wil graag saam met Sy kinders leef en hulle lewe met hulle deel. Hy wil deel wees van jou huislike lewe, jou werk, jou skool en jou ontspanning. Pasop dat jy nie te besig raak met jou eie lewe en glad nie daardie klop aan jou deur hoor nie! Want, jy sien, die deur kan net van die binnekant af oopgemaak word, van jou kant af! GOD klop en jy moet oopmaak! GOD roep en jy moet antwoord. Sy arms is uitgestrek na jou – maar jy moet self in sy arms inhardloop!
Die volgende keer as jy vir ’n belangrike oproep wag – dink bewustelik daaraan dat GOD jou ook bel, of roep, of uitnooi, om die res van jou lewe hier op aarde en die hele ewige lewe, saam met Hom te wees! Hoor jy dáárdie selfoon lui? Antwoord gou – dis dalk die HERE!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.