5de Academia Prestige aand

5de Academia Prestige aand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Die vyfde Prestigeaand van Gansbaai Academia, waar die skool se toppresteerders vir die jaar vereer word, het op Donderdagaand 23 Oktober in die skoolsaal plaasgevind. Die luisterryke aand is deur verskeie eregaste soos me Wendy Colyn (kringspanbestuurder), mnr John Philander (IBB in die onderwysdepartement), me Adel Geldenhuys (Taurus) en me Antoinette Swart bygewoon. Verder het van die skool se groot vriende van Amerika, Joan en Peter Vaughan van Partners For Possibilities, en me Sybill Oktober, afgetrede hoof van Die Bron Laerskool, ook die aand bygewoon.

Die verrigtinge, gereël deur me Helen Segal en haar span onderwysers, het seepglad verloop. Pragtige optredes deur Academia se skoolkoor en Marimba orkes is ingesluit om die verskeie prysoorhandigings af te wissel. Ons hoofspreker van die aand was mnr Zolani Mbeki, deesdae rekenmeester by Eskom hoofkantoor in Johannesburg en bekende motiveringsspreker. Mnr Mbeki is ‘n boorling van Masakhane en het ‘n ruk by die plaaslike Superspar gewerk. Hy het sy verlede gebruik om te illustreër hoe enigiemand deur deursettingsvermoë sy drome waar laat word. Hy het ook die leerders vertel hoe gelukkig hulle is om ‘n pragtige skool in Gansbaai te hê want hy moes in sy jeug reis na Qhayiya Sekondêre Skool  in Hermanus.

Mnr Chimani Pan, ‘n bekende akteur, het vir mnr Mbeki vergesel en het in sy toespraak ook weereens beklemtoon hoe gelukkig die leerders is om so ‘n skool te hê en hoe hulle die geleentheid met albei hande moet aangryp om hulle lewe te verander. In sy toespraak het hy verwys na die haglike omstandighede met net dwelmbaronne as rolmodelle toe hy grootgeword het in Mitchells Plein, maar weereens beklemtoon dat enige iemand kan uitstyg uit so ‘n agtergrond. Hy het ook ‘n staaltjie vertel van sy besoek hierdie jaar na Ghana om ‘n rolprent te maak en gesê dat die moeilike omstandighede waarin sommige leerders grootword ‘n piekniek is in vergelyking met die omstandighede wat hy daar teegekom het.

Mnre Mbeki en Pan se toesprake was so hoogs motiverend dat die hoof, mnr Tommy Wilson, hulle oombliklik uitgenooi het om weer die volgende oggend met die leerlinge in die saal te kom praat, juis om van ons nie presteerders te motiveer om hulle bes te doen om te verbeter. Hulle het die uitnodiging vinnig aanvaar en was op diens om agtuur die volgende oggend voor hulle vlug terug na Johannesburg.

Die topleerders vir graad 8 tot 12 vir 2014 in volgorde is De-Hann du Plessis, Heinrich van der Merwe, Rene Wessels, Verreynne van Tonder en Andisiwe Wulana. Mnr Mbeki was veral baie beïndruk met Andisiwe se pragtige prestasies want sy is ‘n niggie van hom wat van sy geboortedorp Tsomo in die Oos-Kaap kom.

Verskeie trofees oor die jare geskenk deur individue en firmas soos Superspar, OK Foods, Gansbaai Fisheries en Credo Bouers is aan ons leerders oorhandig, onder andere:

Gansbaai Courant Prys vir Kreatiewe skryfwerk – Malcolm Mulope

Sportvrou vd jaar – gedeel deur Jay-Lee Swart en Zandre Otto

Sportman van die jaar – Nardie Groenewald

Superspar Meisie Dux – Jennica Conradie

Superspar Seuns Dux – Malcolm Mulope

Superspar Senior Dux – Samkelo Mabona

Prinsipale Trofee – Jack Swart

Laastens is die matriekraad vir 2015 aangekondig. Die skool se vier leiers vir volgende jaar is Chandri Bekker (onder hoofmeise), Malcolm Mulope (onder hoofseun), Jennica Conradie (hoofmeisie) en Verreynne van Tonder (hoofseun).

Gansbaai Academia wil graag baie dankie sê aan Superspar wat die diplomas gedruk het, asook vir Saxon Lodge wat die akkommodasie vir ons gassprekers verskaf het. Verder vir Mnr Mbeki se Foundation wat sy eie en mnr Pan se reiskostes betaal het. Julle almal maak ‘n verskil.

Liezel Mostert

5de Academia Prestige aand

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.