Iona se Pinot Noir

Iona se Pinot Noir

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se onlangse byeenkoms het soos gewoonlik baie gesellig verloop. Aan die beurt was Iona Wynkelder se uniek wyne, veral hulle Pinot Noir, wat deur Werner Muller in Tolbos Bistro van Annemarie Watney aangebied is.

Om die ys te breek het Werner hulle 2014 “Sophy Terreblanch” (Sauvignon blanc) as voorsmaak aangebied. Werner is een van min suksesvolle wynmakers wat nie oorspronklik vanuit wynbou-geledere afkomstig is nie. Hy verwerf sy kwalifikasies in 2003 aan Elsenburg, Stellenbosch en sy eerste kennismaking met die wynbedryf is by Warwick Estate by Stellenbosch waar hy vir 2 jaar werk. Hy maak gebruik van vele geleenthede om oorsese ervaring op te doen en te La Crema in die Russiese Vallei in California byt die gogga van Chardonnay en Pinot Noir hom behoorlik.

Na sy terugkeer word hy as assistant wynmaker te Chamonix, Franschhoek aangestel waar hy sy passie vir Chardonnay en Pinot Noir kon uitleef. In 1998 word hy as wynmaker aangestel en kon hy voluit op hulle Sauvignon blanc, Chardonnay. Pinot Noir en Estate Red Blend fokus. Die puik wyne wat daarna deur Werner te proe aangebied is, was 2014 Iona Sauvignon blanc, 2013 Iona Chardonnay, 2013 Mr P Knows Pinot Noir, 2009 Iona One Man Brand en 2012 Iona Pinot Noir - met goud en sterk silwer toekenning deur die gaste.

Annemarie se Tolbos Bistro het vir ‘n aangename atmosfeer gesorg, met Wayne Devitt (sjef) se spyskaart wat weer eens van hoogstaande gehalte was. Die bypassende voorgereg, ete en nagereg was so smaaklik soos net Wayne dit kan voorberei. Die gebruiklike blyke van waardering is soos volg hanteer: Jane Bailey aan Werner Muller (aanbieder), Philip Fourie aan Annemarie Watney (Tolbos Bistro) en Lorainne Fourie aan Wayne Devitt (sjef).

Navrae rakende Gansbaai Wynproegilde se byeenkomste kan aan Amanda de Vries by 028-388-0708 gerig word, of stuur 'n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Iona se Pinot Noir

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.