Rautenbach Rotsvas

Rautenbach Rotsvas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Spr Kapt Danie Rautenbach was Dinsdag vir die derde dag in die getuiebank in die opspraakwekkende "Barends sindikaat" Wes-Kaapse Hooggeregshofsaak. Rautenbach het 'n deeglike oorkoepelende beeld oor dié beweerde sindikaat se onwettige perlemoenbedrywighede oor 'n tydperk van meer as 'n dekade, asook stropery in die algemeen, geskets. Hy word Maandag verder deur die 25 beskuldigdes se 12 verdedigende  staats-advokate en die prokureur, Anthony Broadway, wat ook op 'n klag van geldwassery saam met die sindikaat verskyn, onder kruisverhoor geneem.

Die verdediging het tydens kruisverhoor onder andere probeer om twyfel oor die korrektheid van sy optrede tydens ondersoeke aan te toon. Bewerings om hom te diskrediteer is ook gemaak. Rautenbach kon dit egter met bewysstukke weerlê. Frankie Barends se verdediging, advokaat Nel, het aangevoer dat daar na 'n besigheidsdispuut tussen Barends en Gilbert Hart oor hul nagklubs, 'n hewige onderonsie tussen Barends en Rautenbach was. Hy het beweer dat Rautenbach daarna optredes meer op hom toegespits het. Rautenbach het dit ontken. Advokaat Nel het aan die hof na Barends se betrokkenheid en die gemeenskap verwys. Hy was afrigter van Black Leaves Rugbyklub asook skolespanne. Verder was hy teen dwelms  en het musiekinstrumente vir kinders gekoop om hul van die straat af te hou. Nel het aan Rautenbach gevra óf hy hiervan bewus was asook dat daar gereeld kospakke aan die gemeenskap gegee is. "Ja, hy was 'n Robin Hood – steel van die staat en gee vir die armes," het Rautenbach geantwoord. Nel het ook verwys na die ander stropergroeperinge van Masakhane, Hawston en Pearly Beach wat nog voortgaan met hul aktiwiteite. Hy wou weet of informante nie miskien inligting aan die polisie verskaf ten einde rolspelers uit die mark te haal nie. Rautenbach het bevestig dat daar wel so 'n moontlikheid is maar dat hulle sulke inligting teen ander  intelligensie weeg om die korrektheid daarvan te probeer bepaal.

Chris Crous se advokaat wou weet hoekom sekere polisiebeamptes wat op Rautenbach se organigram verskyn nie aangekla is nie en van hulle selfs Artikel 204 staatsgetuies is. "Kry hul voorkeurbehandeling," is gevra. Regter Nathan Erasmus het egter hierop geantwoord dat daar 3 polisiebeamptes tans voor hom aangekla staan en dit nie sy algemene indruk is dat daar voorkeurbehandeling is nie.

Beskuldigde 3, Jody Behr, wat ook 'n oud-polisiebeampte is se verdediging wou van Rautenbach weet wat hy van Behr dink en hoe hul verhouding in die polisie was.  "Ek beskou hom as verwaand," het Rautenbach gesê, waarop Behr se advokaat geantwoord het dat sy kliënt hom as 'n rasis beskou. "In my  30 jaar diens in die SAPD was daar nog nooit sulke klagtes nie," het Rautenbach teruggekap.

Beskuldigde 5, Daniel Oktober, se vroue-advokaat Kuhn, het haar toegespits op beweringe dat Oktober dokumente uit 'n dossier verwyder het. Hy het na bewering 'n skipperslisensie van Barends, wat op 'n perlemoenbeslagleggingstoneel gevind is, uit die dossier gehaal en die dossier wederregtelik in die argief geplaas.

Johannes (Koppe) Jacobs se verdediging het in 'n strik getrap toe vrae oor Rautenbach se getuienis teen hom die deur oopgemaak het vir Rautenbach om na korrupsie te verwys deurdat Jacobs tydens sy dienstermyn by Stanford SAPD wapenlisensies aan Blomparkers uitgereik het wat nie in Gansbaai suksesvol sou wees nie. Toe daar aan Rauntenbach in die hof gevra is of iemand hom al probeer omkoop het, het hy geantwoord: "Hulle sou op die plek verbygekom het," wat impliseer dat hy so iemand dadelik sou arresteer.

Sammy Brett se verdediging het aangevoer dat daar skielik 'n mark vir perlemoen ontstaan het en dat die gemeenskap hom in 'n situasie bevind het wat hul nie geweet het hoe om dit te hanteer nie. Die gemeenskap was baie betrokke weens die maklike geld. Hy het verwys na Sammy se onsuksesvolle pogings om hulp op regeringsvlak vir die gemeenskap te soek. "Dit is 'n desperate gemeenskap waar daar nou nog nie 'n oplossing is nie," het adv Smit gesê. Oor hul polisie optredes het Rautenbach bevestig dat dit nie 'n slegte gemeenskap is nie. "Dit gee hul egter nie die reg om ons aan te rand en met klippe te gooi nie. Hulle span saam as ons in hul woonbuurt kom om perlemoen te konfiskeer."

Die saak is tot Maandag uitgestel wanneer Rautenbach se kruisverhoor na verwagting afgesluit sal word. Die projekleier van die Valke, Lize (Kabous) Potgieter sal volgende die getuiebank inneem.

Francois de Jongh

Rautenbach Rotsvas

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.