R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Biblioteek het weer eens ‘n daadwerklike poging aangewend om kinders leesbewus te maak. As ‘n Leesprojek is goed-ontwerpte en verstaanbare vorms aan kinders uitgedeel. Daarin is gevra wat is hulle voorkeure van boeke wat hulle graag wil lees en wat is hulle oogmerke. Vyf van die vorms is terug ontvang - elk met minstens 10 boeke met die skrywers se name en in die kinders se handskrif. “Die doel van hierdie projek was maar net weer eens om kinders aan te moedig om meer gereeld te lees en die biblioteek te besoek,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris. Die 5 leesgierige jongelinge (alfabeties) is: Carry-Ann Visagie (Gr 6), Faith Adams (Gr 5), Lukhanyo Mtiki (Gr 4), Mikayla Herselman (Gr 2) en Nicole Schutte (Gr 1). Elkeen het ‘n pragtige “Sertifikaat vir Lees” ontvang, asook ‘n geskenk-pakkie met ‘n leesboekie, skryfbenodigdhede en ietsie om te eet.
Kennis moet geneem word dat Gansbaai Biblioteek op Vrydag, 14 November 2014 en Donderdag, 27 November 2014 gesluit sal wees. Dit is as gevolg van boekewa-besoeke deur die Wes-Kaapse Biblioteekdiens. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief as gevolg van hierdie reëlings,” sê Sharman. “Boetes sal nie gehef word vir die geslote dae nie.” Indien lede se boeke gestempel is vir die betrokke dae, sal die datum met een dag aangeskuif word en indien hulle nie betyds by die biblioteek kan uitkom nie, kan die biblioteek telefonies gekontak word.
Gansbaai Biblioteek se gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.