Pistoolklub 2015 gereed

Pistoolklub 2015 gereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons Algemene Jaarvergadering het goed afgeloop en met die nuutverkose Bestuur wat verkies is, is ons weer gereed vir ‘n nuwe jaar,” sê Alec Kitley, voorsitter van Gansbaai Pistoolklub. Hy het ‘n volledige voorsittersverslag aan die lede voorgehou, waarin etlike sake van belang uitgelig is.

Gansbaai Pistoolklub is nie net op die skietbaan bedrywig nie. Hulle beman steeds die waterpunte tydens die Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Danger Point Halfmarathon in Desember, asook die Lighuis na Lighuis Bergfietstydren in Februarie. Dan het hulle ook ‘n waterpunt beman tydens die SAPD-staptoer in April vanjaar. “Ons jaarlikse Valentynsdag-skiet in Februarie was ‘n groot sukses wat vele pret en genot opgelewer het,” sê Alec. “En goeie samewerking deur toegewyde lede sorg daarvoor dat die terrein en gebou in ‘n goeie toestand gehou word.”

Die nuutverkose Bestuur is Alec Kitley (voorsitter), Andy Hammond (ondervoorsitter), Corien de Wet (sekretaresse) en Cathy Hammond (tesourier), saam met addisionele lede Adri Wessels, Steve Cilliers, Stoney Steenkamp, Frans de Wet en Dirk Ackerman. Cathy Hammond herinner almal aan die klub se Ope Dag op 8 November 2014 vanaf 08:30 tot 16:00, teen slegs R20 per persoon wat koffie, tee of koeldrank insluit. Sy verwys ook na hulle jaarlikse prestasietoekennings op 29 November 2014, waartydens die beste skuts vir die jaar met trofeë en sertifikate beloon gaan word. Op 6 Desember 2014 sal daar gesellig met ‘n jaarafsluitingsfunksie verkeer word, met die klub wat weer op 3 Januarie 2015 sal heropen.

Die klub is op 10 Februarie 1994 gestig, met Alec wat sedertdien as voorsitter dien. Belangstellendes in die op-en-wakker pistoolklub van Gansbaai kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme gaan afhaal. Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare voorsitter, is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom.

Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.                                                

Hardus Botha

Pistoolklub 2015 gereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.