Die kabeljou loer vir ons

Die kabeljou loer vir ons

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Almal is seker bewus al van die kabeljou wat reeds hulle opwagting by ons gemaak het, maar onthou enige tyd van nou af gaan daar pêrre wees wanneer kabeljou se kind op volle sterkte gaan wees.

Sover word daar heelwat gevang, hoewel baie daarvan maar aan die kleinerige kant is. Jy kan maar by Haaiklip gaan loer en die manne met die lang stokke staan reeds die Klip  omtrent vol. Dit is natuurlik baie lekker om jou tussen die kêrels tuis te maak en te hoop die wag is nie verniet nie. Ten minste die tyd is reg en die kabeljou moet mos daar êrens wees! Die minder onaangename is die feit dat so baie hengelaars gelyktydig op Haaiklip gaan staan/lê/sit en hoop vir die beste. Nou kom “gentleman’s agreement” in die prentjie. Gun die ander man sy spasie en onthou dat indien jy dink hengel is mos eenvoudig en waar is die probleem dan? Daai sinker is een van hulle. Niemand kan help as die sinker vassit nie  --  en daar gebeur dit gereeld! Die kuns bestaan daaruit dat jy jou sinker moet plaas waar dit nie die ander man se vangery sal belemmer nie (oor sy lyn is nie ‘n goeie plan nie) en wanneer jou sinker wel vassit, probeer om, indien dit losgetrek moet word, die mense om jou in gedagte te hou sodat dit nie ‘n gevaarlik, geleide missiel word nie. Nie so eenvoudig as wat dit klink nie, en wees tog uiters versigtig.

Haaiklip is ook nie die enigste plek waar jy jou kabeljou kan vang nie. Op die Gruis is al heelwat sukses behaal en dit is ook die plek waar die groot bulle ronddwaal  --  en daar is meer spasie om jou lyn in die water te kry. By Die Wrak, by Holbaai, op die regte tyd en met die water die verlangde kleur is die kanse goed dat jy met die groter kabeljoue sal kennis maak. Die weer was die afgelope dae maar wisselvallig en die water baie deurmekaar maar sodra die weer dit toelaat en jy kan per boot by Holbaai uitkom behoort die vangste goed te wees. Indien jy nie die area ken nie, versigtig maar. Onthou dat die kabeljou (en hopelik geelbek) ook by ander plekke kan uitslaan en nie beperk is tot Holbaai of Haaiklip nie. En daar is mos ander visse ook! Gaan probeer gerus by Joubert se Dam en die Vlagpaal en moet ook Geelbekgat nie vergeet nie.

Geniet die tyd. Seemeeu

Die kabeljou loer vir ons

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.