R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Lt Kol Lize Potgieter, projekleier van die polisie se ondersoekeenheid na georganiseerde misdaad, algemeen bekend as die Valke, het Dinsdag begin om die staat se getuienis teen die sogenaamde Barends-sindikaat te lei.
Sy het 'n organogram, 'n skematiese voorstelling van die sindikaat wat op die middelblad verskyn, aan die hof voorgehou en bespreek. Dit toon in detail waar al die aangeklaagdes betrokke was. Sy het daarna meer spesifiek na 'n insident verwys waar 'n verklaring deur een van die beskuldigdes, Freddy Matthews, vir Frank Barends direk betrokke gemaak het. Volgens sy verklaring het hy geld van Barends ontvang om 'n voertuig aan te koop vir die vervoer van perlemoen.
Dit word verwag dat Potgieter nog vir 'n lang tyd in die getuiebank sal wees.
Op die organogram word sekere sindikaatlede as Artikel 204 getuies aangetoon. 'n 204 Getuie is 'n persoon wat met die misdaad verbind word, maar wat die staat om tegniese redes besluit het om 'n staatsgetuie te maak. 'n 204 Getuie word dus nie aangekla nie maar hy moet tot die bevrediging van die hof getuig. Sou hy dit nie doen nie word hy aangekla as mede-beskuldigde.
Die hof was nie Woensdag en Donderdag in sitting nie. Die tyd is gebruik om die saak te bespoedig deur erkennings van die verdedigingspan se advokate te kry oor Artikel 213 verklarings. 'n Artikel 213 verklaring is byvoorbeeld perlemoen wat verlate gevind is. Dit word as 'n feit beskou en die polisiebeampte wat daar aan diens was hoef dan nie oor daardie voorval in die hof te getuig nie. Sy verklaring word bloot as 'n bewysstuk ingehandig. Die verdediging behou egter die reg voor tot kruisondervraging indien nodig.
Regter Nathan Erasmus het Maandag, nadat 'n beskuldigde weens geldtekort nie opgedaag het nie gewaarsku dat alhoewel hy begrip en simpatie met sulke probleme het dit nie 'n rede is dat die saak nie kan aangaan nie. "Hierdie tipe probleme gaan weer opduik en ek sal nie huiwer om borg in te trek en 'n lasbrief vir arrestasie uit te reik nie. Dan is daar nie meer 'n probleem nie en kan die staat die beskuldigde vervoer. Die saak sal nie weggaan nie – reël om hier te wees. Die staatshulp-advokate word ook nie betaal as hulle nie sit nie," het regter Erasmus gesê.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.