R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Twee Gansbaaiers het meer as voldoende redes om baie trots op hulself te voel. Heinrich Jansen, Gansbaai Toerisme se Inligtingsbeampte en Philip Swanepoel, eienaar van Philpotts Consultancy vir internet-onderrig in Wiskunde en Wetenskap, was deel van 20 Top Entrepreneurs landwyd wat deur die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) gekies is om die AHI se Nasionale Kongres in Durban by te woon.
Die tema van die kongres was: “Wat is nodig vir besigheid om te floreer?” en die doel was om jong entrepreneurs te identifiseer. Die kandidate moes besigheidsplanne as entrepreneurs opstel en vir beoordeling indien. Die voorbeeld van ‘n besigheidsplan wat aan hulle verskaf is, is ‘n lywige dokument van 5 getikte bladsye, met vereistes van ‘n voorblad, uitvoerende opsomming, besigheidsoorsig, produk, bestuur en veel meer, met etlike vereistes van ondersteunende dokumentasie en bewyse wat aangeheg moes word. Dié twee het met vlieënde vaandels gekwalifiseer en is deur die AHI geborg om die kongres in Durban by te woon.
“Dit was ‘n groot voorreg vir my as Toerismebeampte om só ‘n groot geleentheid te kon bywoon,” vertel Heinrich. “’n Vliegkaartjie is verskaf, 5-ster akkommodasie in ‘n hotel is gereël en die verwelkoming by die lughawe, asook by die hotel was werklik ‘n belewenis gewees.” Altwee van hulle het ‘n tyd gelede ‘n entrepreneurskursus van Gansbaai Sakekamer bygewoon, waar hulle die besigheidsplanne moes opstel.
Dit is dus te danke aan Gansbaai Sakekamer se inisiatiewe en goeie verhoudinge met die AHI wat dit vir hulle moontlik gemaak het om hierdie groot geleentheid te kon benut. “Die aanbiedinge was uiters interessant en leersaam, veral die aanbieding van ‘n jong entrepreneur oor sy ervaringe en waar hy vandag staan, wat ons met ander oë na die besigheidswêreld laat kyk het,” sê Heinrich. “ Ek was ook baie opgewonde om twee ministers te kon ontmoet.”
Philip het alles beaam en beskou die geleentheid wat hulle te beurt geval het as baie spesiaal en ‘n groot voorreg wat nie altyd ‘n mens se pad kruis nie.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.