R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon!” Psalm 8:2-5
Ons kan maar net elke rondom ons kyk om GOD se wonderwerke en skoonheid te aanskou.
Die see, die berge, die wolke en blomme wat op verskillende tye in die veld opkom is werklik vir ons almal tekens van GOD se hand in die natuur. Elke keer as ek daardie groot walvisse uit die water sien beur en met ’n groot geplons weer in die water val, besef ek hoe besonderse GOD ons dien. Die skoenlappers met al hulle kleure, die voëls en al hulle vere, ja elke blaartjie aan elke boom vertel van die HERE se wonderwerkende krag.
Tog is dit oor die mens en sy skoonheid, sy aansien en eer, wat die digter in Psalm 8 praat. GOD het die mens as die toppunt van Sy skepping geskape – sodat die mens aan Sy Skepper die eer en die lof kan bring. Maar dit is hierdie mens wat GOD se kroon van Sy skepping is wat op aarde die meeste skade aan die natuur en aan medemense doen. Daaroor wil ek nie vandag praat nie. Kom ons dink daaroor na dat die skoonheid wat GOD in ons geskape het, nie net uiterlik is nie. Ware skoonheid kom van binne. Dis eers wanneer die liefde van Jesus Christus in jou gegroei het dat jy na buite die mooiste skoonheid begin vertoon. Jou ware skoonheid is ’n groeiproses – die saadjie word deur die Heilige Gees in jou geplant – en met Sy krag en jou samewerking ontwikkel jy in die mooiste mens wat GOD se beeld na buite vertoon.
’n Baie slim en vername vrou het eenkeer terwyl sy ’n boek lees skielik by een sin stilgestaan en dit weer en weer gelees totdat sy besef het dit is vir haar ’n spesiale boodskap. Dit sinnetjie was ’n besonderse gebed: “GOD, maak my mooi van binne!” Dit was die begin van ’n nuwe lewe vir hierdie ernstige vrou. GOD het haar in een sinnetjie van ’n boek gevind en haar hart met skoonheid aangeraak.
Mag ek en jy ook elke dag bid dat GOD ons van binne af mooi maak sodat ons na buite kan straal van Sy liefde. As jou innerlike skoonheid goddelik is, sal dit waaraan jy raak en die mense waarmee jy te doen het, ook gevul word met GOD se heerlikheid! Dan is ons werklik Jesus se volgelinge!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.