100 Jaar Jonk

100 Jaar Jonk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kyk mens na die meegaande foto, is dit moeilik om te glo dat Dalene Nieuwoudt ‘n 100 jaar gelede op 4 November 1914 te Hanover gebore is, waar sy ook opgegroei het.

Die nooi Theron is in 1941 met Tielman Nieuwoudt in die huwelik bevestig en twee seuns en ‘n dogter is uit die huwelik gebore. Sy het 8 kleinkinders en 9 agterkleinkinders. Na die egpaar se aftrede het hulle by hulle dogter, Charlene le Roux en haar eggenoot, Nico, op hulle plaas by Franschhoek gaan woon. Sedert 2001 het Tielman en Dalene in Mosselbaai gewoon. Intussen het Nico en Charlene in Kleinbaai kom aftree en ná Tielman se afsterwe in 2011, het Dalene by hulle in Kleinbaai kom woon, waar sy haarself steeds bevind.

“Sy kuier so van tyd tot tyd by my broers wat onderskeidelik in Hartenbos en Beaufort-Wes woon,” vertel Charlene. “Haar gesondheid en geheue is nog goed, alhoewel sy nie meer so beweeglik is nie en die gehoor is ook nie meer goed nie, maar sy brei steeds allerlei goedjies vir basaars.” Op Saterdag, 8 November het die familie en ‘n paar vriende vir ‘n feestelike samekoms in die NG-gemeente se Kleinsaaltjie gesorg. Charlene sê almal, behalwe 3 kleinkinders, was teenwoordig.

Dalene het agter ‘n pragtige versiering, wat “100” uitgebeeld het, ingeskuif om haar ereplek tydens die verjaardagpartytjie in te neem. Stilsit en na almal sit en loer? Nee, nie sy nie. Sy het nog aan almal etlike humoristiese staaltjies uit die verlede vertel.

Hardus Botha

100 Jaar Jonk

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.