Hulle is maar daar

Hulle is maar daar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die boodskap hierdie week verskil nie veel van verlede week s’n nie, behalwe dat daar darem groter kabeljoue gevang word. Hoewel daar nie gesê kan word dat jy vir seker jou vis gaan vang nie, juis omdat hulle nog nie rêrig hul opwagting gemaak het nie, is daar nie veel ander keuses nie en jou kanse bly goed om ‘n kabeljoutjie te vang. Maar jou lyn moet in die water wees!

Watter wind wanneer moet waai en wanneer jy die vis kan verwag is deur.’n Hardebaard só uitgelê: wanneer die suidoos waai, word die water koud en die warmer water word dan deur ‘n sterk wind kant toe forseer --  dis dan ook waarheen die vis sal gee pad. Indien daar rowwe water betrokke is word die vlakker water beiinvloed deurdat plante ens. losgemaal word en dít weer laat die water verkleur en dis waar ons vir ta gaan aantref. Westewind weer veroorsaak warmer water en die vraag kan dan gevra word, indien die water dan oral warm is, waarom gaan die vis moeite maak om kant toe te kom? Onthou, aan die kant is waar die bamboes is en dis hier waar die geelbek, maar veral die kabeljou  verkies om te wei. Vroeg in die jaar, na hulle heelwat amok gemaak het en met die aankomende winter en die gevolglike kwaai en koue water aan die kant gee hulle pad dieper in. Dan is dit tyd om hulle dieper te gaan vang.Die tegniek verskil heelwat afhangende of jy vanaf ‘n boot gaan vang en of jy met ‘n lang stok sit en van die kant af probeer. Somtyds doen jy albei, en sal jy weet wat ek bedoel! Veral indien jy van ‘n amperbootjie gebruik maak is jou kanse soveel beter en die rede is dat jy op die vlakker vangplekke kan kom  --  onthou dis juis hier waar hulle wei.

‘n Groter boot is weer ‘n ander storie en slegs as jy jou storie ken sal jy kan saampraat met die kleiner boeties. Een feit wat jy maar in gedagte kan hou is net omdat jy ‘n groter vis teiken dit nie beteken dat jy noodwendig van ‘n baie dik nylon en ‘n groot hoek gebruik moet maak nie. Dis ‘n bekende feit dat vis normaalweg ligter gereedskap verkies. Probleem is egter dat met die ligte gereedskap jy baie vis aankry, maar ook baie verloor! As jy die dag nie suksesvol is nie, probeer gerus die ligter gereedskap en kyk wat gebeur. Moet my net nie blameer vir die vis wat wegkom nie!  Die swaarder geelbek kan dalk ander tegniek vereis. Laat weet asb. of daar ‘n verskil is. 

Groete, Seemeeu

Hulle is maar daar

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.