Vlugroep van die tawiep

Vlugroep van die tawiep

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jan het hom reeds in vorige publikasies bewys as ‘n besondere essayis en storieverteller.  Van sy boeke is dikwels herdruk, maar sekeres nie. Weens gedurige navraag, het hy besluit om ‘n  keur uit sy werk oor die jare saam te stel. ‘n Tydige en goeie besluit.

Jan het ‘n onortodokse skryfstyl wat so eg soos die Strandveld spreek in die taal van die mense en die landskap.  Ja, mens moet die landskap ook noem, want in sy vertellings word dit ook ‘n karakter.

Hy roep mense  uit  vervloë tyd op met soveel piëteit dat hulle weer sprekend voor jou staan.  Hoor jy die unieke visserstaal en deel jy hul drome. Weergalm die see in jou ore en ruik jy die souterige lug op die vroegoggend wind.

In Vlugroep van die Tawiep is die stories wat die hart raak saamgevat in ‘n kosbare bundel wat jy, besoeker buite die grens van die Strandveld, sal geniet.  Strandvelders sal dit koester en dit, wanneer verlange na  dié verlede en mense knaag, lees en herkou.  En onthou.

Oor meer as ‘n halfeeu het Jan sy liefde met twee wêrelde gedeel. Die Strandveld en Namibië, daarom is beide vervat in die bundel.  Die boek adem sy  herinneringe en verbondenheid  aan die streke van sy hart.

In die bundel wou die ou tawiep solo vlieg.  En ek gun hom dit. Ontkussing jou drome, Jan. Die bekbreek van baie seisoene is vir jou verby – jou eie woorde. Ek sal agter die duin uit die wind uit vir jou wag. Vir die vlugroep van die tawiep.

SD Fourie

Vlugroep van die tawiep

SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.