KEN JOU REGTE EN PASOP VOOR JY TEKEN

KEN JOU REGTE EN PASOP VOOR JY TEKEN

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alhoewel dit algemene praktyk vir verkopers van onroerende eiendom is om die prokureursfirma van sy of haar keuse aan te stel om toe te sien tot registrasie van die eiendom in die naam van die koper, het ‘n verskynsel ontwikkel waar sommige eiendomsagente die verkopers beinvloed om van ’n ander firma se dienste gebruik te maak. Mense se onkunde word misbruik met vals beloftes van transaksies wat “vinniger” kan geskied deur die gebruikmaking van ‘n sekere firma of op die veronderstelling dat ander firmas goedkoper is en afslag gee. Hou net ingedagte dat wanneer desperaatheid vir werk die motivering vir afslag is, die kwaliteit van enige diens waarskynlik in een of ander opsig afgewater word.  ‘n Firma met n goeie reputasie mag moontlik ook afslag gee, maar as die oorweging is om jou as verkoper te oortuig om  af te wyk van die norm om jou  eie prokureur te kies, moet jy twee maal daaroor dink.  Dit veroorsaak dat sekere eiendomsagente beheer kry oor die regs professie se onafhanklikheid deur gebruikmaking van onetiese praktisyns wat bereid is om te betaal vir werk. Die resultaat is dat die verbruiker se regte daardeur ondermyn word. Dit blyk uit  sommige aangemelde sake dat allerhande beloftes gemaak word en die agente  baie dikwels  vergoeding ontvang vanaf firma’s wat in stryd met die Wet op Prokureurs, bereid is om fooie te deel of kommissie te gee aan agente wat werk na hulle verwys. Alhoewel dit in stryd is met die reg, is dit geensins vreemd dat sekere eiendomsagente vergoeding ontvang vir die verwysing van ‘n transaksie nie, hetsy deurdat hulle kantoorhuur of advertensie koste deur prokureurs firmas betaal word. ‘n Soortgelyke saak waarin baie opspraak verwek  is, en die prokuruer homself aan hierdie wanpraktyk skuldig gemaak het, is die van “The Law Society of the Cape of Good Hope vs Berrange, 2005(5) SA 160 (c)”, vir meer belangstelling oor die howe se bandering oor die onderwerp, klik op die volgende skakel:

http://www.saflii.org/za/cases/ZAWCHC/2005/41.html

Die publiek se aandag word daarop gevestig dat dit die verkoper se keuse is om ‘n prokureursfirma aan te wys wat moet toesien tot die registrasie van die transport, en nie die van ‘n eiendomsagent of koper nie. Niks verhinder egter die agent om in geval waar die verkoper nie ‘n prokureursfirma aanwys nie, ‘n voorstel te maak met ‘n keuse van meer as een firma nie. Die partye kan ook by ooreenkoms, toestem dat die koper die prokureur aanwys, alhoewel dit nie normaalweg gebeur nie. Alhoewel die koper die transportkoste betaal, is die verkoper geregtig om te kies deur wie die transport behartig moet  word. Alhoewel sommige eiendomsagente  dit te kenne gee, is geen prokureursfirma in staat  om ‘n transaksie gouer as ‘n ander te kan afhandel nie, en as sulke beloftes gemaak word, moet jy die gevaarligte sien flikker. ‘n Regspraktyk se voortbestaan en winsgewendheid is immers ook afhanklik van die spoedige en akkurate afhandeling van werk.

Wanneer eiendom verkoop word, en daar ‘n bestaande verband op die eiendom is, moet die betrokke verband formeel in die aktekantoor gekanselleer word, selfs al is die verbandskuld reeds ten volle betaal. Die verbandhouer moet dan skriftelik versoek word om kansellasiesyfers te gee en die titelakte van die  eiendom aan die transport prokureurs stuur. Wanneer die  kansellasie syfers ontvang word, sal die verband prokureur in geval waar ‘n  lening bekom word om die koopprys te betaal, versoek word om waarborge te lewer. Hierdie waarborg word dan aangewend om die koopsom te verseker. Die transport prokureurs moet dan intussen toesien dat die munisipale heffings en belastings betaal word, uitklaringsertifikate verkry, hereregte betaal, inspeksies laat doen word vir elektrisiteit se veiligheidsertifikate, en ‘n kewer sertifikaat verkry. Die munisipaliteit waar die eiendom geleë is, vereis normaalweg drie maande se vooruitskatting wat dan deur bemiddelling van die transportprokureur van die koper gevorder en  vooruitbetaal word waarna dit op  registrasie weer tussen die partye verdeel word deur die transport prokureurs. Dit gebeur dikwels dat daar meer as een prokureursfirma by ‘n eiendomstransaksie betrokke is, waarvan een toesien tot registrasie van transport, die ander toesien tot kansellasie van die verband, en ‘n derde firma die nuwe verband namens die koper registreer. Hierdie prokureurs skakel almal  met mekaar om  gelyktydige indiening en registrasie op dieselfde dag te laat geskied.  Die hele proses duur gemiddeld tussen 4 tot 6 weke afhangende van hoeveel tyd in die kontrak toegelaat word vir lewering van waarborge en hoe gou al die partye saamwerk tot ondertekening van die dokumente en betaling van koste. Die spoedigheid of gebrek daaraan waarteen munisipaliteite antwoord op versoeke tot uitklaringsertifikate, dra ook grotendeels by tot vertragings of bespoediging. Prokureurs is normaalweg almal  betreklik vinnig met die opstel van die dokumente  en uitvoering van die proses, omdat almal ‘n professionele taak verrig wat  verantwoordbaar is aan die Wetsgenootskap,  en hulle bloot staan aan professionele nalatigheid indien die werk nie met die nodige omsigtigheid gedoen word nie. As die prokureursfirma aan wie u opdrag gee nie, ‘n aktevervaardiger in diens het nie, is daar geen rede waarom u bekommerd hoef te wees nie  aangesien die transport nie sonder ‘n aktevervaardiger gedoen kan word nie, en die firma dan van ’n korrespondent gebruik maak wat nie deur die partye betaal word nie, maar uit die opdragnemende prokureur se fooi verhaal word. Die aktevervaardiger is mede aanspreeklik vir die ondertekening van die akte en uitvoering daarvan en geniet die partye steeds volle proffesionele beskerming.

As u sou  besluit om u eiendom privaat te adverteer en te verkoop, kan u aansienlike kommissie bespaar  met die advies van u prokureur wat u behulpsaam kan wees met die opstel van die koopakte, of aanbod om te koop. n Prokureur kan u ook behulpsaam wees om die transaksie te beklink deur die relevante situasie te  oorweeg en die aanbod om te koop  op te stel om by die partye se situasie aan te pas.

Onthou u prokureur is daar om u regte te beskerm, so wees dus bedag daarop dat wanneer u onroerende eiendom koop of verkoop, die verkoper normaalweg die keuse mag uitoefen oor wie die transport prokureur is. Dit is  dus raadsaam om u prokureur te vra om  enige aanbod eers deur te lees en u regte te oorweeg en u daaroor te adviseer alvorens u ‘n aanbod om te koop onderteken.

Nicolene Richards, Richards Prokureurs, Gansbaai

KEN JOU REGTE EN PASOP VOOR JY TEKEN

Nicolene Richards

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.