R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
"Ek twyfel of ek oor 'n jaar nog gesond gaan wees want selfs die beamptes loop almal met maskers oor hul monde en neuse in Pollsmoor rond." Só het Frank Barends, wat saam met mede-beskuldigde, Chris Crous, in die perlemoensindikaat-saak aangehou word, in die Hooggeregshof gesê. Barends, wat sy regshulp advokaat Vrydag in die pad gesteek het, het regter Nathan Erasmus, Maandag versoek om die hof toe te spreek. Hy het gesê dat hy nie veilig in Pollsmoor is nie. Hy is verlede week saam met Crous vanaf Goodwood gevangenis, waar hy reeds meer as 3 jaar aangehou word, oorgeplaas. Sy regsverteenwoordiger, adv Nell het glo die oorplasing sonder sy medewete versoek, sodat hy makliker "toegang" vir konsultasie kon verkry. Crous is saam met hom oorgeplaas. "Vanaf my aankoms daar is ek geïntimideer deur tronkbende gangsters. Ek het dit onmiddellik aan die seksiehoof rapporteer en is dadelik saam met Crous in 'n driemansel toegesluit. Die seksiehoof het gesê ons moet versigtig wees aangesien Pollsmoor 'n oop-tronk is en mense vinnig in enige seksie kan inglip. Die bewaarders kan ook nie oral kyk nie en daar is nie oral kameras nie en sommige werk ook nie," het Barends gesê. Hy het verder aangevoer dat hy nie daar vir sy saak kan voorberei nie. Al sy aantekeninge en persoonlike eiendom van oor die afgelope 3 jaar is ook steeds in Goodwood. Hy het die regter versoek om hulle terug te plaas na Goodwood. Dit is toegestaan.
Die saak word egter vertraag omdat 'n nuwe regshulp-advokaat aangestel moet word om Barends te verdedig. Voorleggings in dié verband moet op 4 Desember gedoen word. Die verhoor sal na die reses op 2 Februarie 2015 hervat. Om te voorkom dat die hofverrigtinge in die toekoms moet afstaan as gevolg van fisiese ongesteldheid, dood in die familie óf enige ander rede, soos reeds verskeie kere in hierdie saak gebeur het, het regter Erasmus as volg gereël.
Hy het uitgewys dat die wet in gepaste gevalle voorsiening maak dat die saak in afwesigheid van 'n beskuldigde kan voortgaan. "Wanneer so 'n situasie hom voordoen en ons steeds binne die regsriglyne beweeg en die betrokke beskuldigde se advokaat teenwoordig is, kan ons voortgaan. 'n Getikte transkribering van die verrigtinge sal daarna aan die afwesige beskuldigde ter insae voorsien word. Indien nodig kan die getuienis dan weer opgehaal word. "Dit sal onnodige afstaning voorkom terwyl die beskuldigde se regte beskerm word," het regter Erasmus gesê.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.