R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Andries Adams (68) is op 19 November 2014 in sy huis in Blompark oorlede. “Ek het nog gedurende die voormiddag met hom gesels, waarna ek dorp toe gery het, maar voordat ek daar aangekom het, is ek geskakel om dringend terug te keer huis toe,” vertel sy eggenote, Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum. “Met my aankoms tuis, was hy reeds oorlede.”
Andries is op 6 Oktober 1946 in Hawston gebore, maar was bykans sy hele lewe ‘n Gansbaaier. Hier was hy vir sowat 32 jaar ‘n visserman, “en vir die volle tydperk het hy op dieselfde boot ge-trawl,” sê Magrieta. Sedert 2005 het hy op kontrakbasis as verwer vir homself gewerk. Andries en Magrieta is 41 jaar gelede op 4 Maart 1973 in Gansbaai in die huwelik bevestig. Twee kinders is uit die huwelik gebore, Ursula (45) getroud met Ceril Natal en Andrew Adams (41). Die egpaar het ook ‘n pleegdogter, Stephany Adams (23) en in totaal het hulle 7 kleinkinders. Andries het as ‘n beskeie, maar hardwerkende gemeenskapsmens bekend gestaan. Voorheen het hy onder andere op die Direksie van Vissermanne, die Munisipale Raad en die Beheerliggaam van Herberg-aan-See gedien, asook as voorsitter van Gansbaai Primêr se Beheerraad. Andries was ‘n stigterslid van Black Leaves Rugbyklub, waar hy ook as voorsitter gedien het. Hy was ook die eerste verkose diaken van die VGK-gemeente in Blompark. “Wat my droom oor Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum betref, was Andries ‘n ware steunpilaar en het in alle opsigte gehelp om daardie droom te kon bewaarheid,” vertel Magrieta. Andries laat sy eggenote, Magrieta, 1 seun, 2 dogters, 1 skoonseun en 7 kleinkinders agter.
‘n Roudiens sal op Saterdag, 29 November 2014 om 09:00 aan huis van Magrieta gehou word, met ‘n tweede roudiens om 10:00 in die VGK-kerkgebou wat deur ds Dirk van Dyk gelei sal word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.