R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ouma Marie du Toit het op 1 November 2014 ‘n groot makietie gehou om haar 90ste verjaardag te vier,” vertel haar dogter, Rialet Wood, ‘n voormalige Maatskaplike Werker van Gansbaai Maatskaplike Dienste.
“Sowat 100 familie-lede en vriende het die geleentheid saam met haar gevier en volgens inligting is sy tans die langslewende vroulike Gansbaaier wat in Gansbaai gebore is.” Sy is op 1 November 1924 in Gansbaai gebore en is die oudste dogter van Andries Moolman en Maria Germishuys. In haar jong dae was sy beter bekend as Mara. Sy is in haar grootouers, Andries en Annie Moolman se legendariese hawe-huis, wat deur vele skilders geskilder is, gebore. Ouma Marie het met Gallie du Toit van die plaas Droëkloof in die Rüens in die huwelik getree. Drie seuns en een dogter is uit die huwelik gebore. Sy spog met 9 kleinkinders en 8 agterkleinkinders.
Na die afsterwe van haar eggenoot het sy vir etlike jare in Kleinmond gaan woon en daarna vir 15 jaar in die Lettie Theron Tehuis in Hermanus, waar sy ‘n bedrywige lewe gevoer het. Ouma Marie was by verskeie aktiwiteite in die Tehuis betrokke en staan daar nog steeds bekend as “Marie Pannekoek” as gevolg van pannekoeke wat sy gereeld in haar woonstel as fondsinsamelingsprojekte vir die Tehuis gebak het. Gedurende Junie 2010 het sy by haar dogter in Gansbaai kom woon en is sedert Augustus 2012 ‘n inwoner van Huis Breda in De Kelders.
“Haar gesondheid is redelik goed, alhoewel sy nie meer so beweeglik is nie en die gehoor ook nie meer so goed is nie,” vertel Rialet. “Aanvanklik wou sy niks weet van ‘n groot partytjie nie en haar keuse was om eerder op ‘n stoel alleen langs die see te gaan sit!” Dit blyk dat die familie van heinde en verre se opgewondenheid só groot was, dat sy tog tot ‘n behoorlike partytjie ingestem het en dit sommer terdeë saam met hulle geniet het.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.