R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. (Mat 1:18,19)
Reg aan die begin van die Nuwe Testament, met die optekening van die geboorte van Jesus Christus, kom daar ’n merkwaardige stukkie geloof na vore wat ons baie keer miskyk. Ek verwys hier na die feit dat Josef, toe hy agterkom dat Maria swanger is, dadelik moes besef het: hier kom ’n ding! Dit was een van die grootste skandes van hulle tyd as ’n meisie swanger geword het buite die beskerming van die huwelik. Só ’n meisie is dan ook summier voor die oudstes gedaag en sy is dan gestenig. Die skande is ook op haar hele familie oorgedra en hulle is verstoot.
Josef kon haar dadelik verwerp het en net weggestap het. Twee dinge gebeur egter: Hy het eers gedink om stilweg die verlowing te verbreek, maar GOD stuur ’n engel om aan hom die situasie te verduidelik – die swangerskap is van die Heilige Gees! Hier is die wonderwerk: Josef moes darem ’n baie gróót geloof en vertroue in GOD gehad het om hierdie storie van die engel te glo en daaraan gehoorsaam te wees. Verder moes hy dan ook die beste van Maria, sy verloofde bly glo het om dan ook haar dadelik as sy vrou te neem en met haar te trou.
Wat leer ons uit hierdie baie bekende stukkie geskiedenis? Eerstens dink ek dat ’n mens nie sommer dadelik die slegste van iemand moet dink as jy gehoor het wat hulle oorgekom het nie. Agter die storie is daar dikwels ’n baie goeie verduideliking. Gaan eers eenkant toe, slaap daaroor – iewers kom daar ’n verduideliking wat die saak beter belig. Tweedens moet jy nooit twyfel aan GOD se wonderwerkende krag deur dinge wat gebeur nie. Soos Josef kan ons maar gerus glo in GOD se hand in ons lewe – al lyk dinge nou deurmekaar kan GOD gou weer ’n lig laat deurbreek. Derdens dink ek dit vra ’n totale gehoorsaamheid van elkeen van ons om te doen wat GOD van ons vra, hetsy deur Sy Woord te gehoorsaam, of die stem van die Heilige Gees in jou lewe te erken en te weet wat GOD wil sê.
Kom ons probeer almal om hierdie Kerstyd die beste in mekaar raak te sien en te glo GOD is besig om deur ons almal te werk. Jesus se koms na hierdie deurmekaar wêreld is beslis die grootste wonderwerk van alle tye!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.