LAERSKOOL GANSBAAI

LAERSKOOL GANSBAAI

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Negatiewe publisiteit met betrekking tot die situasie in onderwys in die RSA en spesifiek die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA’s) het die afgelope tyd hoogty gevier in die media. 

Veral die feit dat minder as 10% van die Gr 9-leerders met hierdie assessering 50% en meer vir die Wiskunde-vraestel kon behaal, was kommerwekkend vir die meerderheid ouers. Die persepsie dat dit in alle skole die geval is, veroorsaak dat veral ouers toenemend negatief ingestel raak jeens skole waar hulle kinders skool gaan.

Ten einde hierdie persepsie in perspektief te plaas, maak Laerskool Gansbaai sy eie JNA-prestasies bekend aan die publiek en veral vir die aandag van ouers.

 

 

Gr 1

Gr 2

Gr 3

Gr 4

Gr 5

Gr 6

Wisk

89%

91%

79%

68%

67%

77%

Afr

88%

92%

92%

81%

84%

83%

 

Die ouers van Laerskool Gansbaai het die reg om bewus te wees van hulle skool se akademiese prestasie ten einde gerus te kan wees oor hulle kinders se vlak van onderrig. Ons het aan die einde van kwartaal 4 ‘n 100% slaagsyfer in alle grade behaal, behalwe in Graad 1 (92%) en Graad 6 (98%).

Baie sterkte aan al ons Graad 7’s met jul Hoërskool loopbaan – wees trots op jul Alma Mater!!

(Dankie aan mnr Wynand Bezuidenhout vir die samestelling van hierdie inligting)

LAERSKOOL GANSBAAI

AKADEMIESE RESULTATE 2014

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.