R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Landbou, een van die grootste werkverskaffers in veral landelike gebiede met ‘n groot komponent seisoenwerkers, trek tans swaar aan beurtkrag en gebrekkige elektrisiteitsvoorsiening. Dit is veral die Wes-Kaapse inmaakvrugtebedryf wat enorme skade ly.
Mnr Wiehahn Victor, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugte Produsente Vereniging, sê inmaakprodusente, wat tans met die inmaak van appelkose besig is, het ‘n venstertydperk van slegs drie tot vier weke per jaar waarin hulle kan oes en werk kan verskaf. Ongeveer 2 000 ton appelkose word per dag deur inmaakfabrieke verwerk.
“Desember tot April is ‘n kritiese tydperk waarin ons beurtkrag nie kan bekostig nie. Behalwe vir die enorme kostedruk vir produsente as prysnemers, is die huidige elektrisiteitskrisis besig om ‘n oorlewingstryd te word vir die jaar wat voorlê,” sê hy.
Bederfbare produkte moet in ‘n koueketting opgeneem word, en dié ketting is besig om onder geweldige druk te swig. Met meer beurtkragprobleme as in die verlede, is die uitwerking op byvoorbeeld Ashton en Tulbagh, waar die inmaakbedryf die grootste werkverskaffers is, geweldig negatief, sê Victor.
Die Langeberg en Ashton vrugte-inmaakfabrieke neem in die piekseisoen sowat 6 000 werkers in diens en die Rhodes-fabriek in Tulbagh sowat 2 000 werkers. Sommige van hierdie werkers werk slegs vir hierdie drie weke van die jaar. Die huidige ekonomiese druk op die gemeenskap raak dus erger. Daarbenewens word die kwaliteit van vrugte wat in fabrieke verwerk word ook negatief beinvloed omdat die koueketting nie volhou word nie. Dit het weer ‘n negatiewe uitwerking op verhaal in die fabrieke en dus uiteindelike winsgewendheid en volhoubaarheid. Dit het weer ’n rimpelingseffek op die volgende jaar se inkomste waarvan die gemeenskap afhanklik is.
Die inmaakvrugte-bedryf het prosesse wat nie net gestop en weer begin kan word nie. Sterilisasie van sekere verpakkings-toerusting neem 2 - 3 ure voordat produksie hervat kan word. Voor kragonderbrekings moet die fabrieke ook skoongemaak word om higiëniese standaarde te kan handhaaf. Gereelde kragonderbrekings maak dit bykans onmoontlik om die fabrieke enigsins aan te skakel.
Mnr Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die geweldige hitte van die afgelope paar dae maak dit ook nie maklik in terme van die besproeiingsiklus nie. “Kritiese besproeiing gaan as gevolg van beurtkrag verlore en kan nie weer ingehaal word nie. Saam met die kragonderbrekings en sensitiewe toerusting wat met besproeiing gebruik word, word toerusting en oesskade aangemeld wat ‘n bykomende kostefaktor meebring.”
Opperman sê produksie-aanlegte wat soveel werk verskaf, moet beskerm word wanneer dit by elektrisiteitslewering kom. “Agri Wes-Kaap het ‘n seisoenale produksieskedule aan Eskom verskaf en het die kragvoorsiener versoek om dit met die instel van beurtkrag in ag te neem. Eskom stel ons wel in kennis van wanneer beurtkrag toegepas gaan word, maar dié waarskuwings kom soms te laat. Wanneer ons fase 3 van beurtkrag binnegaan, het dit katastrofiese gevolge op al ons prosesse. Fase 2 hou alreeds enorme skade in,” sê Opperman.
Vir landbou in die algemeen hou beurtkrag groot skade vir spesifiek besproeiing, koelkamers, pakhuise en fabrieke in, en is die aangeleentheid tans baie ernstig.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.