R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Eers was dit die “Blou Golf” deur Gansbaai, Blompark en Masakhane se strate kort voor die tussenverkiesing in Wyk 2 op 26 November vanjaar. Die blou DA-voertuie het met groot basuin rondgery om kiesers aan te moedig om te gaan stem. Die DA is beloon met ‘n oorwinning van 74.95%, met die uitslag wat soos volg was: 1,475 DA-stemme teenoor 493 ANC-stemme. In haar bedanking vir die ondersteuning teenoor kiesers, het rdl Riana de Coning na De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai-dorp en Blompark verwys, maar bygevoeg dat die gebied “Birkenhead” ook deel van die kiesers uitgemaak het.
Gemeenskapsdiens:
Tydens haar voor-verkiesingsbesoeke het rdl De Coning dit duidelik gemaak dat sy “vir die gemeenskap en met die gemeenskap wil wees” - ‘n stelling wat sy reeds deur woord en daad bewys het. Riana, soos sy verkies om genoem te word, het saam met Janelle Theart op ‘n bedlêende persoon afgekom wat reeds vir jare, as gevolg van ‘n beroerte-aanval, aan sy bed gekluister is. “Ek het dadelik tot aksie oorgegaan en vir John van Rooyen, Bestuurder van Herberg-aan-See gekontak vir ‘n moontlike donasie van ‘n rolstoel,” sê Riana. “John het die meriete van die versoek ingesien en goedgunstiglik ‘n rolstoel geskenk.” Die rolstoel is aan Stefanus AW Johnston oorhandig en hy was weer mobiel en kon die buitelug weer ervaar en kon selfs sy stem uitgebring om sy demokratiese reg uit te oefen.
Protesaksie:
Intussen het Overstrand DA Raadslede aan ‘n protesaksie teen geweld teen vroue en kinders deelgeneem. Die Raadslede, asook DA aktiviste, het op 2 Desember 2014 voor die Hermanus Magistraatskantore hul solidariteit betoon met die aksie: “Stop geweld teen vroue en kinders”. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsvrou Nicolette Botha-Guthrie, Raadslede en aktiviste, almal in blou, het die koppe laat draai en ook groot entoesiasme deur verbygaande bestuurders en pasassiers uitgelok. Motoriste se luide getoet, die waai van arms en die geesdriftige geskree: “Viva DA”, het die span “protesgangers” die versekering gegee dat hulle boodskap duidelik oorgedra is.
Rdl Riana de Coning kan vir navrae by 083-597-2781 of 028-388-0788 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.