R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit is weer tyd vir die Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Dangerpoint Halfmarathon wat op Woensdag, 31 Desember 2014, in samewerking met vanjaar se hoofborg, Romansbaai Ontwikkeling aangebied word. Dave Mostert van Romansbaai Ontwikkeling het onlangs ‘n tjek ten bedrae van R10,000 aan Johanna le Roux, sekretaresse van die Lions, oorhandig.
“Almal word hartlik uitgenooi om deel te neem aan vanjaar se halfmarathon, die laaste halfmarathon vir die jaar,” sê Boats van Staden, President van Gansbaai Lionsklub. “Die marathon vind plaas langs ‘n skilderagtige roete met ‘n uitsig oor die hele Walkerbaai, omring deur die Kaapse berge in die verte en is uniek in vele opsigte.” Die roete strek soms tot aan die hoogwatermerk langs die kus waar die Birkenhead gestrand het. Deelnemers kan kies uit ‘n 21.1 km halfmaraton, ‘n 10km draf of ‘n 5km pretloop.
Die onderskeie afstande begin om 07:00, 07:30 en 08:00 op Woensdagoggend, 31 Desember 2014 by Laerskool Gansbaai se sportgronde. Inskrywings kan aanlyn by www.entrytime.com gedoen word. Inskrywingsvorms is by Gansbaai Toerisme beskikbaar en kan ook op Dinsdag, 30 Desember 2014 vanaf 16:00 by die laerskool se sportgronde voltooi word, of op die oggend voor die marathon vanaf 05:00. Inskrywingsfooie beloop onderskeidelik R60 vir die halfmaraton, R40 vir die 10km en R30 vir die pretloop. Waterpunte sal oral langs die roete beskikbaar wees en elke deelnemer sal na afloop van die wedlope medaljes ontvang. “Ek doen graag ‘n beroep op inwoners en vakansiegangers om veral die 5km pretloop met die hele familie te ondersteun en daar sal ook ‘Lucky draws’ wees,” sê Boats.
“Dit is die 15de halfmarathon wat deur Gansbaai Lionsklub aangebied word en dit is ook een van ons groot fondsinsamelingsprojekte.” Alle fondse wat ge-in word, word weer in die gemeenskap teruggeploeg.
Vir verdere inligting kan Boats van Staden by 072-789-3627 gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.