R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk 2:14)
Wat dink jy het jy hierdie Kersfees die nodigste? Wat is dit wat die hele wêreld die minste van het en die meeste benodig?
Mense dink geskenke bring geluk. ’n Nuwe motor, ’n groter huis, beter selfoon, mooier klere en noem maar op. Ongelukkig is ons almal baie materialisties ingestel en ons dink die meeste van die tyd aan “goeters”, “dinge”. Ons sê maklik: “As ek maar net hierdie ding of daardie ding kan kry, sal ek regtig gelukkig wees.” Maar op die ou end, as ons daardie ding gekry het, hou ons nie op om na nog goeters te verlang nie! Wat dink jy kort regtig in jou lewe.......?
Ek dink dat die engele, wat aan die eenvoudige herders in die veld verskyn het tydens die geboorte van Jesus, die regte antwoord gegee het. Dalk moet onsnet weer gaan kyk na Lukas 2:14 en vasstel of ons hierdie twee elemente in ons lewe ervaar:
1. “Eer aan GOD in die hoogste hemel!” Die lewe gaan nie oor my en jou nie. Ook nie oor wat ons besit of begeer nie. Alles gaan oor GOD!Alles wat goed is kom van Hom af en alles behoort aan Hom! Die wêreld, ja elke mens, het nodig om weereens hulle lewens in te rig sodat GOD alle eer sal kry. Om dit te doen, moet ons Sy Woord ken en leef volgens Sy Wil! Dit is ’n lewenswyse, ’n ingesteldheid wat baie min mense het. Dit vra van jou om in alles wat jy dink en doen die eer van GOD na te streef. Jy sal diep in jou die begeerte ontwikkel om al hoe meer met oorgawe te leef en die lewe van dag tot dag voluit te benut en te geniet. Vir elke mens gaan dit effens verskil – maar rondom jou sal mense raaksien dat jou lewe aan die Koning behoort!
2. “Vrede op aarde!” Wanneer mense aan GOD die eer gee wat Hom toekom vloei ’n baie groot geskenk daaruit voort. Ja, my grootste geskenk is dat ek aan Jesus behoort en deur Hom vrygespreek word – maar diep binne my moet daar nog iets gebeur. Die wonderwerk van innerlike vrede. Ons het almal hierdie geskenk, hierdie eienskap nodig om werklik gelukkig en tevrede te lewe. Vrede is wat nodig is in hierdie deurmekaar en ongelukkige wêreld waarin ons lewe. Orals is daar oorlog, haat en stryery aan die gang. Hoekom? Want die volke van die wêreld het nie vrede nie! Hoekom loop soveel mense rond met lang gesigte en drink allerhande pille om hulle gelukkig te maak? Want hulle het nie vrede nie! Net in GOD, in Jesus het ons vrede!
Jy het hierdie Kersfees nie nog toegedraaide geskenke nodig nie! Jy het die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, nodig! (Fil. 4:7)
Jy gaan dit alleen kry as jou lewe in lyn met GOD se Woord en tot eer van Sy Naam ingerig is. Mag ons almal hierdie vrede ontdek en uitleef!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.