Kersvader Scattered Links

Kersvader Scattered Links

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Al gehoor van “Kersvader Scattered Links”? Dit mag eienaardig op die oor klink, maar dit was weer tyd vir Gansbaai se bekende motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter, om Kersvader te speel.

Die groep is bekend vir hul vele liefdadigheidsprojekte en het Desembermaand met helder oranjekleurige kartondose in etlike besighede in die dorp afgeskop. Vele items, veral toilet- en kruideniersware, is op hierdie wyse ingesamel. “Vanjaar het ons besluit om die een gedeelte van die donasies aan Gansbaai se Helpende Hand te oorhandig, met die res wat gedurende Januarie 2015 aan die Gansbaai Elimhuis oorhandig sal word,” vertel Juanita Maree, een van die organiseerders en eggenote van die voorsitter, Pieter Maree. Die motorfietsers het ook die “Kersliggie-aanskakelingsaand” benut deur worsrolletjies ten bate van liefdadigheid te verkoop. “Helpende Hand mag nie ‘bedel’ en vra nie, daarom is spontane optrede en omgee soos hierdie werklik ‘n riem onder hart vir ‘n mens,” het ‘n emosie-belaaide Maretha Geldenhuys van Solidariteit Helpende Hand se Gansbaai-tak gesê. Die motorfietse het verlede week dreun-dreun by Maretha ingetrek, maar dié keer saam met ‘n volgelaaide bakkie. Trane van dankbaarheid het gevloei toe sy die groep bedank het.

“Dit is ‘n wonderlike gebaar vir die nood in ons omgewing en julle optrede is vir my ‘n wonderlike definisie van opregte omgee teenoor diegene wat nie dieselfde voorregte as ons geniet nie.” Hierdie motorfietsers van Gansbaai is beslis nie “tange op motorbikes” nie. Hulle is gerespekteerde inwoners met etlike van hulle wat hul eie besighede bedryf - en aan ruim harte vir diegene in nood, is daar by hulle geen tekort nie.

Hardus Botha

Kersvader Scattered Links

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.