Terugtrek van sake

Terugtrek van sake

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die plaaslike polisie ondervind tans ‘n tendens dat sake geopen word, maar wanneer die polisie die gesteelde eiendom terugkry, word die saak teen die verdagtes teruggetrek. Kennis moet geneem word van ‘n besluit dat geen sake in die toekoms wat by die SAPD aangemeld word, teruggetrek sal word nie. Dit sal slegs by die hof gedoen kan word. Hierdie tendens dui op die gevolgtrekking dat Gansbaai vrot van misdaad is, maar in werklikheid is dit die opening van sake en dan die terugtrek daarvan wat die statistiese getalle hoog maak.

Vrou vas met dwelms

Op 16 Desember 2014 omstreeks 20:55 was Sers Marais en Sers Testa besig met patrollies in Masakhane Gansbaai. Sers Marais het ‘n vrou opgemerk wat verdag voorgekom het. Toe die vrou sien dat die polisie haar dophou, het sy die groen sakkie in haar hand op ‘n huis se dak gegooi. Sers Marais het uit die voertuig gespring en die volgende oomblik het die vrou omgedraai en gesien dat sersant Marais agter haar staan. Sy is gevra waarom sy die sakkie op die dak gegooi het. Sy het gemaak asof sy hom glad nie verstaan nie.  Sersant Testa was ook teenwoordig en het by die verdagte gebly terwyl sersant Marais die sakkie van die dak gehaal het. Toe hy die sakkie voor die vrou oopmaak, was daar ‘n groot hoeveelheid mandrax, asook sakkies met dagga in gewees. Sersant Marais het die 48-jarige vrou, Lulama Liliso gearresteer vir die besit van dwelms en sy het reeds in die hof verskyn.

Man betrap met dwelms

Op Saterdag, 13 Desember 2014 omstreeks 07:40 het Sers Testa inligting ontvang van ‘n groot hoeveelheid dwelms wat in ‘n karavaan in Blompark versteek is. Met haar aankoms op die toneel het sy die verdagte in die karavaan aangetref en gesê dat sy dit graag vir dwelms wil deursoek. Die verdagte het gesê dat hy op die bed sal lê, terwyl sy die plek deursoek, maar sy het hom versoek om op te staan. By nadere ondersoek het sy ‘n groot hoeveelheid mandrax tablette gevind, asook ‘n groot hoeveelheid tik. Die mandrax tablette is getel en daar was 26 pille. ‘n 20 jarige man, Kreesan Dudley, is gearresteer en het reeds in die hof verskyn.

Adj-Off. C W Le Roux, (Kommunikasie Beampte)

 

Terugtrek van sake

Adj Off CW Le Roux

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.