Kla ons met Witbrood onder arm

Kla ons met Witbrood onder arm

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met verwysing na Die Burger van 30 Desember 2014 se opskrif: Munisipaliteit het Jeffreysbaai ‘in steek gelaat’, die volgende: In die berig verwys Alvené du Plessis onder andere na Jeffreysbaai se reservoir wat slegs 5% vol is omdat water nie uit boorgate gepomp kan word nie, wat daartoe kan lei dat inwoners binnekort “in droogte kan sit”.

Alvené verwys ook na duisende rande wat deur sakelui in Jeffreysbaai se vingers geglip het as gevolg van “reuse-kragonderbrekings” wat dié dorp geteister het. Kraglynpale het ook tussen Jeffreysbaai en Humansdorp ineengestort, met ‘n tweede stel elektrisiteitslyne wat losgekom het. ‘n Eienaar van ‘n besigheid, wat net oor die naweek sowat R8,000 verloor het, verwys na vakansiegangers wat aangedui het dat dit hul eerste en laaste besoek aan Jeffreysbaai was. Nog ‘n sakeman meen dat die Kouga-munisipaliteit Jeffreysbaai se ekonomiese groei oor die feestydperk belemmer het, met vrae soos: “Waar het jy gehoor jy stuur jou munisipale werkers vroeg in Desember al met vakansie, wetende dat dit die dorp se besigste tyd is?” Hierdie berig verwys maar na een munisiplaiteit se onbekwaamhede. Word landswye nuusberigte in ag geneem, is Jeffreysbaai maar een van vele der vele munisipaliteite waar daar na korrupsie, wanbestuur en onbekwaamhede verwys word.

Kla ons met die Witbrood onder die arm met verwysing na Overstrand Munisipaliteit en dan ook met spesifieke verwysing na die Gansbaai Administrasie? Die prestasies van Overstrand Munisipaliteit vertel ‘n hand-omgekeerde verhaal in vergelyking met ander munisipaliteite (Overstrand Munisipale Nuusbrief, Gansbaai Courant, Donderdag, 11 Desember 2014). “Om ‘n sentrum van uitnemendheid vir sy gemeenskap te wees,” lui Overstrand Munisipaliteit se visie.

“Een manier om hierdie visie te kan uitleef is deur kennis te deel ter bevordering of ontwikkeling van die gebied: kundigheid in ‘n nuwe Suid-Afrika, en ook in Overstrand, is baie belangrik en almal moet help om die skaars komoditeit beter te benut,” het Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, onlangs gesê. Bevindinge van Municipal IQ, ‘n gespesialiseerde data- en inligtingsorganisasie, bepaal dat 8 van Suid-Afrika se 10 top presterende munisipaliteite in die Wes-Kaap is, met Overstrand wat bo-aan die lys staan.

Kort na hierdie aankondiging, is aangekondig dat Overstrand vir die soveelste keer ‘n skoon oudit ontvang het. Enkele ander prestasies, naas die “normale” puik dienslewering, is: Drie Internasionale Blouvlag strande; Groen- en Blou druppel status van water- en gesuiwerde rioolwaterwerke; Katagorie-wenners van die Groenste munisipaliteit kompetisie; Toekennings vir Omgewingsbestuur en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, vir Infrastruktuur innovasie, vir Skoonste Dorp en vele ander, met die Overstrand wat as die 7de vinnigste groeiende gebied in Suid-Afrika en die 3de in die Wes-Kaap beskou word.

Minister Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse Minister van Behuising, het tydens ‘n sooi-spitseremonie gesê: “Vandag se gebeure is ‘n eerste vir Gansbaai en ek is trots op die leiers van Overstrand en wat hier op een dag by vier munisipaliteite gebeur het, gebeur nie aldag nie.”

Dan is daar nog Gansbaai se Toerismekantoor en ‘n wenner van ‘n Sakekamer vanuit die boonste rakke om op trots te wees. Bravo aan Overstrand Munisipaliteit, asook aan die Gansbaai Administrasie.                                                 

Hardus Botha

Kla ons met Witbrood onder arm

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.