R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dat Paul Knoetze van Franskraal ‘n Koekoek Foendi is, is ‘n feit, maar dis maar ‘n klein deeltjie van die ware horlosie- en meganiese kennis waaroor hy beskik.
‘n Jaar of 2 gelede is ‘n 8-dag koekoeklok, waarskynlik veel ouer as 50 jaar, aan hom oorhandig om te herstel. Eintlik nie ‘n koekoekklok nie, eerder “los rommel” in ‘n kartondoos wat eens op ‘n tyd ‘n koekoekklok was. Dit is ‘n horlosie wat my pa, wyle Willem Botha, 50+ jaar gelede as ‘n geskenk aan my ma, Babs, gegee het.
Die herstel van die horlosie het met deeglike navorsing, selfs in Holland en Duitsland, gepaard gegaan, asook met die self-vervaardiging van gedeeltes en parte. Hy moes die een helfte van die pendulum se blaartjie self uitkerf om identies soos die ander helfte te lyk. Die koekoek-voëltjie was “gesplit” en selfs met draadjies gelas, maar hy het dit herstel, asook die volledige meganisme vir funksionering. Dieselfde geld vir die onderste voëltjies wat nie een gefunksioneer het nie, terwyl hulle die klein voëltjie in die nessie “voer” telkens wanneer die boonste een uitkom om te “koekoek”.
‘n Belangrike deel is die konsertina-vormige “blaasbalkie” (bellhouse), wat wind oor die fluitjie “blaas” om die geroep van die voëltjie na te maak. Dit moes Paul self vervaardig met ‘n spesiale materiaal wat “sy geheim” is, aangesien die oorspronklike materiaal bykans onbekombaar is. Die deurtjie waaragter die voëltjie skuil, het afgeval en hy moes dit volledig herstel, insluitend die “skarniertjies” en die meganisme wat daarmee gepaard gaan. “Dit is ‘n ingewikkelde meganisme, aangesien alles aan die beweeg kom sodra die voëltjie sy verskyning maak,” vertel Paul.
Hy het selfs ‘n skaal op die agterkant van die pendulum getrek wat op- en af geskuif kan word om dit makliker te maak om die tyd vinniger of stadiger te stel. Koekoekklokke, veral ouer weergawes (en selfs ander staanhorlosies), het nie die Romeinse syfer IV nie, maar wel vier strepies (IIII). ‘n Interessante legende, wat ook die waarheid kan wees, lui dat ‘n koning van ‘n koekoekklok-vervaardiger gehoor het en graag een wou bekom, maar dit moes uniek wees omdat hy die koning is. Die horlosiemaker het toe die IV met ‘n IIII vervang, wat later deur ander horlosiemakers nageboots is. Dit is interessant om te weet dat vorige woordeboeke ‘n keuse laat tussen die woorde “koekoekhorlosie” en “koekoekklok”, maar die hedendaagse HAT verwys slegs na ‘n “koekoekklok”.
Naas hierdie bekwaamhede, het Paul homself ook as Kerkhorlosie-foendi bewys, waar hy self parte moes vervaardig tydens die herstelprosesse: Elim, Genadendal, NG-gemeente Wellington-Noord en tans die NG-gemeente Gansbaai. Deur Paul se toedoen en deeglike kennis, is ek nou die trotse erfgenaam van ‘n netjiese, werkende koekoekklok wat ek 50+ jaar gelede as kind vir die eerste keer in my ouerhuis aanskou het, maar wat veel ouer as dit kan wees.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.