R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak.” (Mark. 10:13)
“Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.” (Mark. 10:16)
Hierdie week het duisende kinders weer teruggekeer skool toe. Baie vir die eerste keer en ander maar net weer ’n keer - omdat hulle moet gaan! Die vraag wat tog hier aan die begin van ’n jaar gevra kan word, is: Wat het ons kinders die meeste nodig? Is ’n goeie skoolopleiding genoeg en wat kort in die meeste kinders se opvoeding? Hierdie selfde vraag kan ook aan jou en my gevra word. Wat het ons die meeste in ons lewe nodig?
Ons lees in Markus 10 van ’n groep moeders wat hulle kindertjies na Jesus toe gebring het sodat Hy hulle net kon aanraak. Die dissipels wat sekerlik vir Jesus wou beskerm teen sulke onnodige steuring het hulle weggejaag. “Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van GOD is juis vir mense soos hulle.” (Mar 10:14) Wat doen Jesus toe? Hy het Sy arms om hulle gesit en hulle geseën!
Ons moet weer leer om om kinders te omhels en hulle in die Naam van Jesus te seën. Wat kinders en alle mense, die meeste nodig het, is dat hulle die liefde van Jesus en natuurlik ook ons liefde kan voel en ervaar. Kinders het so baie liefde en aanraking nodig. Vir nege maande is ’n baba styf in die baarmoeder en hoor hulle die hele dag die moeder se hart klop en asemhaling. As baba word hulle baie opgetel en getroetel. Kleuters kry nog so ’n bietjie drukkies en soentjies. Maar die oomblik as kinders begin skool toe gaan hou die meeste drukkies en betuiging van liefde op. Dit is asof ons vir hulle wil sê: Julle moet nou op julle eie voete staan – of julle is in die pad!
Wat ons kinders (en ons!) die meeste nodig het, is liefde en aanraking. Liefde is nie groot geskenke en duur vakansies nie. Liefde is opregte belangstelling en aanmoediging om hulle lewe voluit te leef. Nie ’n najaag van sport- en akademiese prestasie nie, maar die kweek van ’n gesonde selfbeeld wat begin met ’n liefde vir GOD en Sy Woord. Ja, kinders kort deeglike reëls en dissipline waarbinne hulle kan beweeg – maar dit moet verder ondersteun word met liefde en baie aanraking! Is dit nie dalk wat die meeste in kinders se opvoeding ontbreek nie? Kom ons gee aan mekaar daardie Goddelike liefde!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.