R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Baardskeerdersbos Huiseienaarsvereniging het hul 10de Algemene Jaarvergadering gedurende Desember 2014 gehou,” vertel Helena Swart, voorsitter. In haar voorsittersverslag het sy eerstens alle lede bedank vir hul getroue ondersteuning en bywoning van vergaderings, en daarna vir rdl Dudley Coetzee verwelkom en bedank vir sy volgehoue ondersteuning. Helena het hoogtepunte van die 10-jarige bestaan van die BBHEV uitgelig en gesê dat al die projekte nie suksesvol afgehandel sou kon word sonder finansiële ondersteuning deur die Overstrandse Munisiplaiteit, Gansbaai Administrasie nie, en die Areabestuurder, Kat Myburgh, uitgesonder wat altyd bereid is om te help.
Enkele hoogtepunte is soos volg deur haar uitgelig: Basiese dienste wat deur die munisipaliteit gelewer is; die teer van Protea-, Kerk- en Granaatlane; die Waterprojek se suksesvolle afhandeling; die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk wat deur die Raad goedgekeur is; die Vodacom-toring; Straatnaamborde; B’Bos se Gemeenskapsaal en die vestiging van tuine; Uitklip van Leivoor te Proteastraat; Opgradering van pad (Fynbosroete) en nog vele ander projekte wat deur toegewyde bestuurslede aangepak en afgehandel is.
“B’Bos staan nog in sy kinderskoene van ontwikkeling, maar ons as inwoners wil eintlik nie hê dat ons dorp ‘n tweede Greyton word nie - ons wil steeds ons landelike gevoel behou en met die dat B’Bos onder Departement Landelike Ontwikkeling val, sal dit moontlik wees om trosbehuising en hoë geboue wat die uitsig bederf en al sulke voorstedelike dinge, van ons voorstoep af weg te hou,” sê Helena. “Nie dat ons teen ontwikkeling gekant is nie, maar ons moet ook die belange van ons inwoners beskerm, want wie wil nou elke dag teen ‘n buurman se muur vaskyk, terwyl ons nou van byna elke eiendom af die mooiste uitsig oor die vallei of berge het.”
Die nuutverkose Bestuur vir 2015 is: Helena Swart (Voorsitter), Colleen Emmenis (Onder-Voorsitter), Leni Bezuidenhout (Sekretaresse) en Stanley Carpenter (Tesourier), asook addisionele lede Steven Fourie, Loretta le Roux en Carel van der Merwe.
Vir enige navrae of inligting kan Helena by 079-528-1919 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by tolbos@mweb.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.