Sakekamer Gholfdag 'n Wenner

Sakekamer Gholfdag 'n Wenner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Gansbaai Sakekamer het 20 Desember 2014 weer ‘n jaarlikse golfdag aangebied - en dit was weer eens ‘n wenner,” sê Jorine van der Merwe, Sakekamer Bestuurslid. “Die doel daarvan is om fondse te bekom vir 2015 se Sakekamerprojekte waarby die hele sakegemeenskap sal baat.” Sy sê al die borge en pryse was oorweldigend. “Dit alles, ingesluit die goeie samewerking van Gansbaai Gholfklub, het van die gholfdag ‘n reuse sukses gemaak met goeie kompetisie, lekker eet, saamkuier, baie pret en ‘n gesellige onderlinge gees wat geheers het,” sê sy.

Die sakekamerbestuur, onder leiding van die ondervoorsitter, René Beukes, saam met Jorine het weer eens gesorg vir ‘n wenner op die Sakekamer se Jaarprogram. Daar was altesaam 39 golfspelers wat minder as die vorige jaar was. Elke speler het ‘n prys ontvang en saam met die veiling wat Bev Swart (Klubkaptein) hanteer het, was daar in totaal ‘n opbrengs van R18,289.90 - beter as die vorige jaar - ongeag minder spelers! Ria van der Merwe met 2 dames van Kleinbaai het gesorg vir ‘n heerlik ontbyt....“5 ster diens....en lekkerste ooit”. Die broodtafel met heerlike pattees, konfyte en kaas is goed ontvang en is deur Awie van der Merwe geborg.

 “Wat ‘n fees van kos....en na die dag se afsluiting is die kos wat oorgebly het, aan Silwerjare Tehuis vir Bejaardes in Blompark geskenk,” vertel Jorine. Gansbaai Sakekamer is baie dank verskuldig aan al die besighede en individue wat as borge opgetree het (alfabeties): A+ Plumbing Electical Gas, Biltong & Nut Corner, Boland Makelaars, Coke SA, Dyer Island Cruises, Fine & Country Overberg, Gansbaai Apteek, Gansbaai Courant, Gansbaai Elektries, Gansbaai Explore, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Sand en Klip, Gansbaai Scoops, Gansbaai Superspar, Gansbaai Toerisme, Great White Shark Tours, Gretha Hanekom, Grootbos Foundation, Irvin & Johnson, Kleinbaai Hawe Kafee, Kleinbaai Superette, Lighthouse Tavern, Lumber City, Omega, Overberg Scaffold & Machine Hire, Overtek Computers, Pearly Shells, Prime Cut Meats, PSG Gansbaai, Raka Wines, SAB, Saxon Lodge, Seeff Eiendomme, Supreme Sharks, The Computer Hut, The Pro Shop Somerset-Wes, Tolbos Restaurant, Uijlenes Weddings & Accommodation, Walkerbay Drankwinkel, Watertech Plumbing, White Shark Guest House, White Shark Projects en Zonart Kaggels.

“Ons opregte dank en waardering vanaf die Sakekamer Bestuur aan u almal, sonder u deelname en belangstelling sou die dag nie moontlik gewees het nie!”

Hardus Botha

Sakekamer Gholfdag 'n Wenner

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.