R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Die lewe is nie maklik nie, maar doen die regte ding, en die uiteinde sal die aanvang oortref.” Met hierdie woorde het Suid-Afrika se ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, die munisipale amptenare bemoedig wat bevoorreg was om op Dinsdag 20 Januarie 2015 tydens 'n kort besoek aan Overstrand na sy toespraak te luister.
Volgens Makwetu kom “om die regte ding te doen” daarop neer om dissipline toe te pas wanneer finansiële bestuur ter sprake is, om konkrete bewyse te lewer van die projekte/programme wat geïmplementeer is en om alle wette en regulasies na te kom.
Makwetu en sy span onderneem tans 'n landwye besoek aan alle plaaslike owerhede ter aanmoediging van daardie wat nie aan ouditstandaarde voldoen nie, en om te leer van dié wat wel hierdie standaarde nakom.
Na afloop van die 2013/14-boekjaar se oudit is Overstrand weer eens bevoeg en gesond verklaar: 'n Stand van sake wat Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie toeskryf aan 'n voorneme om koste te bespaar en in belang van almal saam te werk, ondanks politieke verskille.
Hierdie mening word deur die munisipale bestuurder, Coenie Groenewald, ondersteun wat glo dat juis hierdie voorneme van die Raad om die belange van die mense van Overstrand voorop te stel – belange wat aspekte insluit soos volhoubare infrastruktuur, 'n werkende ekonomie, 'n goedversorgde omgewing en die gesondheid en welstand van almal wat Overstrand as hulle tuiste beskou – dit vir munisipale amptenare moontlik maak om dienste van die hoogste standaard te lewer.
Ter afsluiting van Makwetu se ontmoeting met hooggeplaaste munisipale amptenare op die dag van die besoek, is hy en sy span getrakteer op 'n blitsbesoek aan sommige van die vername diensleweringsprojekte in die area waar hulle eerstehands kon waarneem hoe samewerkende staatsbestuur in die Overstrand sy grondslag vind in 'n nastrewing van waardes soos uitnemendheid, aanspreeklikheid, veerkragtigheid en deelname.
Botha-Guthrie het die Makwetu-afvaardiging gegroet met die versekering dat Overstrand vas van voorneme is om aan te hou om daarna te streef om 'n sentrum van uitnemendheid te wees vir almal in wie se diens dit staan – en dat daardie strewe 'n oorneme insluit om jaar na jaar 'n skoon oudit te behaal.
Noluthando Zweni
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.