Lions se dankie vir Halfmarathon

Lions se dankie vir Halfmarathon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met verwysing na die Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Dangerpoint Halfmarathon op Oujaarsdag, waaroor reeds berig is, wil die organiseerders graag hul opregte dank en waardering teenoor alle borge, helpers en ondersteuners (alfabeties) uitspreek.

Hulle is B-Blondes, Birkenhead Brewery (Chris Boshoff), Blue Goose Restaurant, Build-it, Fynbos Shoppe, Gansbaai Discount Liquors, Gansbaai OK Foods (Chris & Petra), Gansbaai Verkeer (Tony en sy manne), Hermanus Liquor Store, Janna’s Country Kitchen, Midas, Tolbos Bistro, Tuscany, Walkerbay Drankwinkel en Wessel (druk van inskrywings).

“Ons opregte dank en waardering teenoor almal wat tot dié dag se sukses bygedra het,” het Lionpresident, Boats van Staden weer gesê. Kennis kan ook geneem word van Gansbaai Lions se volgende groot aanbieding: Die jaarlikse Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren.

Vanjaar vind dit plaas vanaf Saterdag, 7 Februarie 2015 tot Sondag, 8 Februarie 2015. Dit bied twee dae se onvergeetlike ervaring in van die mooiste natuur- en kusgebiede van die Overberg en Agulhas aan die deelnemers.

Boats bevestig dat hierdie projek ook aangebied word met die uitsluitlike doel om fondse in te samel vir aanwending in die gemeenskap waar daar indringende en ernstige behoeftes bestaan.

Die deelnemers vertrek die Saterdagoggend vanaf die Dangerpoint Vuurtoring en spook sake kuslangs uit tot by die Agulhas Vuurtoring vir die eerste been van die wedren. Saterdagaand word daar ontspan en Sondagoggend word die tweede been aangedurf - terug na Dangerpoint.

Inskrywings kan op die webtuiste, www.entrytime.com, gedoen word. Vroegtydige inskrywings is van groot belang, aangesien daar slegs 200 toegelate inskrywings is.

Enige navrae kan aan Lionpresident Boats van Staden by 072-789-3627 gedoen word, of skakel vir Lion Gert Louw by 072-475-7256 (na ure). ‘n E-pos kan ook aan leo1052@telkomsa.net gestuur word.

Hardus Botha

Lions se dankie vir Halfmarathon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.