R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ek het nog sonder skoene en net met die klere wat ek aanhet gesit en wag om na my lieflingsport, krieket, op TV te kyk, maar toe ek my weer kom kry toe sit ek by die Ramsauers op hulle stoep en kyk hoe brand my huis af,” vertel Elize van der Merwe (74) van Cilliersstraat 34 (“Fyngesny”) in Franskraal. Die oorspronklike woning het aan die brand geraak terwyl Elize in die nuut-aangeboude gedeelte rustig sit en ontspan het. Toe sy rook in die verbindingsgang gewaar, het die bure oorkant die straat al die brandweer geskakel en het Riaan Ramsauer oorgehardloop om haar uit die huis te kry nadat hy rook by die huis sien uitborrel het.
Die brand het verlede Woensdagmiddag, 28 Januarie 2015 ontstaan en is vermoedelik deur ‘n elektrisiteits-kortsluiting veroorsaak, maar sekerheid daaroor is nog nie verkry nie.
“Ek het my verbeel ek ruik iets, maar kon niks sien vanwaar ek gesit het nie,” vertel Elize. “Toe ek opstaan het ek die rook gewaar en na die slaapkamer en kombuisgedeelte gehardloop, maar dit was stikdonker van die rookwolke en ek het omgedraai en maar net reguit aangehou en gelukkig weer uitgekom.” Alles wat Elize besit is in die brand vernietig - elke vertrek met die volle inhoud daarin, selfs dokumente en haar handsak met kontant en ID-dokument en dies meer. Die woning se mure is ook ernstig beskadig en gekraak.
“Die versekeraar wat hier was het gesê die skade is te groot vir sy magtiging en dat ‘n paneel ondersoek sal moet kom instel om die toekoms van die woning te bepaal,” sê sy.
Elize is die weduwee van wyle advokaat Schalk van der Merwe wat in lewe en ná sy aftrede ‘n bekende in Gansbaai was. “Die hoeveelheid hulp, ondersteuning, liefde en belangstellende oproepe wat ek ontvang het, maak van my ‘n dankbare mens en ek voel ‘ryker’ as voorheen,” sê Elize.
Sy rig in opregtheid die volgende bedankings: Werner, Marie en Riaan Ramsauer, Lourens en Karin Aubrey, Hennie en Lettie Dippenaar, Cassie Carstens van Overstrand Medical Response, Ds Dirk van Dyk, Verkeersbeamptes, Brandweer, vriende, familie en selfs vreemde mense, asook haar twee dogters, Amanda Boonzaaier en Madelein van der Merwe. Op die vraag wat sy gaan doen terwyl die huis herbou gaan word, het sy gesê: “Ek gaan nou ‘n plakker in Durbanville by my dogters word!”
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.