R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“My persoonlike visie is om kwaliteit onderwys aan alle leerders te voorsien sodat elkeen van hulle tot volle potensiaal as volwassenes sal kan ontwikkel,” sê Laerskool Die Bron in Stanford se nuutaangestelde skoolhoof, Lionel Pedro.
“Voorts wil ek daarna strewe om ‘n positiewe skoolklimaat deur middel van ‘n doeltreffende en funksionerende instansie te skep - en daarmee saam die uitbou van ‘n skooltrots onder leerders.” Lionel is aangestel ná die uitdienstrede van Sybill October op 30 September 2014, ná sowat 47 jaar as opvoeder by dié skool, waarvan die laaste 20 jaar as skoolhoof. Op Woensdag, 21 Januarie is die ouers en leerders aan die nuwe skoolhoof voorgestel en die geleentheid is deur mnr B Loriston (Direkteur: Overberg) en mnr Dudley Coetzee (Wykraadslid) bygewoon. “Nog eregaste tydens die geleentheid was voormalige opvoeders, asook twee voormalige skoolhoofde, mnr. WT Appel en me SG October en hulle is deur hul gades vergesel,” het mnr Coetzee gesê. Lionel is in Knysna gebore en het daar grootgeword, waar hy aan die Knysna Sekondêre Hoërskool matrikuleer. Sy studieloopbaan spreek boekdele: Hoër Onderwys Diploma (HOD) aan die Onderwys Kollege in Worcester; Diploma in Onderwysbestuur aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU); Honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch in Kurrikulumstudies; Projekbestuur aan die Nelson Mandela Metropliaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth. Hy beklee sy eerste onderwyspos aan Laerskool Knysna in 1995, daarna aan die Knysna Sekondêre Hoërskool vanaf 1996 tot 2003, waar hy ook as Departementshoof aangestel word. Vanaf 2004 tot 2010 is hy by projekte in die George Distriks Onderwyskantoor vir 4 jaar betrokke, waarna hy weer by die Concordia Hoërskool in Knysna aangestel word tot en met 2014.
Tussendeur al sy bedrywighede het Lionel ook by die Noordwes Universiteit se George Kampus klas gegee aan onderwysers wat hulself verder wou bekwaam. “Mens kan sê ek het in ‘n ‘onderwyshuis’ grootgeword met my ma wat ‘n onderwyser was, maar net ek en my een broer het in haar voetspore gevolg,” sê Lionel. Die broer waarna hy verwys is ‘n bekende onderwyser in Gansbaai, Neil Pedro, wat tans die Adjunkhoof van Gansbaai Primêr is.
Lionel se stokperdjies is sonder twyfel goeie afleiding vir veeleisende onderwystake - die bywoning van veilings en besoeke aan tweedehandse winkels met oudhede. Tans is daar 16 leerkragte in Laerskool Die Bron, met sowat 500 leerders en klasse wat op twee bene staan - Afrikaans en Engels (waarby Xhosa ingesluit is). Ná vele jare se studies en ervaringe, wag daar nou ‘n nuwe uitdaging as Laerskool Die Bron se skoolhoof op Lionel - ‘n uitdaging waarna hy met entoesiasme uitsien.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.