R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Dit is belangrik om te onthou dat fotografie nie ‘n kuns is nie….dit is kuns,” het Clive Bailey, ‘n Bestuurslid van Gansbaai Fotografieklub tydens sy leersame Powerpoint-aanbieding, “Digital Camera Basic Control”, gesê. Die klub se byeenkoms op Maandag, 2 Februarie 2015 is goed bygewoon, met voorsitter Riaan Jacobs wat enkele aspekte van belang onder die lede se aandag gebring het. Die klub se permanente foto-uitstalling by Gansbaai Toerisme is feitlik gereed, terwyl die webtuiste, wat deur Veronica du Plessis in stand gehou word, ook reeds vele inligting, program ingesluit, bevat. Daarna het hy vir Clive aan die woord gestel.
Clive het met verduidelikings van die drie belangrikste basiese beginsels van fotografie in die vorm van ‘n driehoek begin: “The Exposure Triangle” - Bo: “Aperture (Dept of Field)”, links onder: “Shutter speed (Motion & Blurr)” en regs onder: “ISO Setting (Image Noise or Grain). Daarna het Clive stap-vir-stap die onderskeie funksies (“Program Modes”) van digitale kameras bespreek, met die volgende opmerking: “As jy die outomatiese funksie gebruik, is dit die programmeerder van die kamera se idees wat jy gebruik, maar as jy self met die verskillende opsies werk, is dit jou eie idees en foto’s - en eers dan word dit vir jou ‘kuns’ wat jy beoefen.” Hy het etlike van sy uitstekende foto’s as voorbeelde gebruik om die verskillende verstellings deeglik te illustreer, wat demonstrasies soos die volgende ingesluit het: “White balance, Colour compensation, Metering & exposure, Background, Middle Grey, Image histogram, Metering options, Exposure compensation”. Clive se volledige Powerpoint-aanbieding sal op die klub se webtuiste geplaas word. Clive het erkenning verleen aan ‘n uitstekende webtuiste: http://www.cambridgeincolour.com.
Datums om te onthou, is die volgende byeenkoms op 16 Februarie met die foto-tema “Kop-en-Skouers / Head & Shoulders”; 2 Maart, vir sluiting van die foto-kompetisie met die tema “Action/Aksie”.
Navrae rakende die klub kan aan Riaan Jacobs (voorsitter) by 082-373-8270 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by aejacobs@telkomsa.net.
Besoek gerus Gansbaai Fotografieklub se interessante webtuiste, www.gansbaaiphotographyclub.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.