Krieketnuus (5 Feb 2015)

Krieketnuus (5 Feb 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Krieketklub het hul Sondagliga 20/20 seisoen weg teen Kleinmond KK op 'n wennoot begin. Kleinmond Krieketklub het eerste gekolf en kon nie die goeie boulwerk van Gansbaai se boulers baas raak nie.

Kleinmond kon slegs 120 almal uit aanteken. Die enigste kolwer wat weerstand kon bied was Juan van Rooyen wat 37 lopies (4x4)(2x6) aangeteken het.

Gansbaai se beste boulers was J Doyll (3-0-19-3), D. Kriel (4-0-26-2), T Otto (3-0-26-2) & J. Havenga (3-0-13-1). Gansbaai het gaan kolf en danksy 'n tweede paaltjie vernootskap van 104 lopies tussen Corrie Avenant 62 n.u.n (7x4)(3x6) en Christo Swart 48 (7x4)(1x6) die wen lopies na net 13 boulbeurte aangeteken 121/3.

Gansbaai wen met 7 paaltjies. Gansbaai Krieketklub nooi almal uit om hulle eerskomende Sondag, 8 Feb tuis teen Caledon Krieketklub te kom ondersteun.

Almal is ook welkom om Dinsdag 17h30 (5h30) nm by die sportgronde by die oefening te sluit.

Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen, 082 715 3179

Krieketnuus (5 Feb 2015)

Heinrich Vermeulen

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.