R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Die jaar 2015 is alreeds ‘n raps meer as ‘n maand oud en die Strand-Veld Voetslaanklub se maandelikse program vir die jaar is reeds versprei,” sê Roelof Diener, die klub se sameroeper.
“Ons stap weer elke eerste Saterdag van die maand op ‘n verskeidenheid van mooi en interessante roetes.” Hy sê Otto Boysen het reeds die eerste uitstappie in Januarie gelei, waar hulle die Duiwelsgatroete by De Kelders gestap het en ook van die grotte aan die kus kon besoek het. “Voorwaar ‘n goeie begin vir 2015!” Eerskomende Saterdag, 7 Februarie stap die op-en-wakker voetslaanklub in die Agulhas Nasionale Park. Hulle ry met voertuie tot by Rietfontein en begin dan vanaf “Die Gruis” na die Damme stap. “Die roete is sowat 10 tot 12km kuslangs en die terrein varieer tussen rotsagtig tot ‘n lekker lang sandstap tot by die Damme,” sê Roelof.
Die stappers vertrek oudergewoonte om 07:00 vanaf die parkeerterrein voor Gansbaai Toerisme en gemaklike stapskoene, ‘n warm baadjie (ingeval die weer sleg is) en genoeg water en iets te ete in jou rugsak sal ‘n goeie aanbeveling wees. “Sommige mense sal hul voertuie vir saamry beskikbaar stel, en die res moet dan ‘n saamrygeleentheid by een van hulle kry.” Roelof stel voor dat stappers sowat R40 saambring om tot die voertuigeienaars se brandstofkostes by te dra.
Vir enige navrae kan Roelof Diener by 082-552-5444 gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.