R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vele is al oor Jack en Anita Doyle van Chester Le Street, Engeland geskryf. Sy intense betrokkenheid en finansiële ondersteuning met buitelandse fondsinsamelingsprojekte by Gansbaai Primêr, Masakhane Primary School, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum spreek boekdele.
Jack en Anita besoek Gansbaai jaarliks vanaf Januarie/Februarie tot April en hulle beskou dit as hulle gunsteling vakansieplek. Enkele jare gelede het hulle vir Steve en Margi Muller by Gansbaai Gholfklub ontmoet en hulle oor omstandighede hier uitgevra. Hulle het die egpaar aan verskeie instansies bekendgestel en sedertdien het hy die een oorsese fondsinsamelingsprojek na die ander gereël.Hierdie keer het hy met die Rotariërs van Derwentside in Engeland vir befondsing gereël om ‘n magdom van skryfbehoeftes vir Masakhane Primary School aan te koop.
Laat Jack self verder vertel: “Following a visit to Masakhane Primary School organised by Steve and Margi Muller in 2014, myself and Anita, my wife, agreed to help raise much needed funds to supply starter educational packs for first year learners, as well as providing other materials. The Rotary Club of Derwentside in England contacted the Rotary Club of Stanford and asked if they would be our partners and used their expertise in purchasing what was required. Money was transferred from England and the school received the supplies on February 4th. The materials were delivered by Malcolm Bury, President of the Stanford Rotary Club and myself and Anita from the Rotary Club of Derwentside. We have been involved in a number of projects in recent years, which has only been possible through the involvement of Steve and Margi introducing us to the many needs of groups in the local communities.”
Die waarde van die skryfbenodigdhede wat oorhandig is, beloop sowat R16,000, bestaande uit groot hoeveelhede fotostaatpapier, penne, potlode, kleurpotlode en -kryt, skryfboekies en veel meer. Intussen het Jack laat deurskemer dat hy nou op die Elim Huis in Gansbaai wil fokus, maar met die samewerking van die Bestuur in Elim.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.