R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ons roeping as Christene begin presies daar waar ons is. Hoe goddeloos of hopeloos die omstandighede waarin ons ons bevind, ook al is. Die mense, die plek en die tyd word deur Christus gekies en geheilig. Dis óns, óns plek en óns tyd,” lui ‘n gedeelte uit prof Dirkie Smit se boek (die hoofstuk oor Roeping) wat deur ds Dirk van Dyk voorgelees is.
Die geleentheid was die jaarlikse geselligheid wat die NG-gemeente vir alle Hulpwerkers reël en is ook deur dr Bobo van Zyl en enkele Kerkraadslede bygewoon. Ds Dirk het Eff 4:12, wat handel oor die verskeidenheid van gawes aan gelowiges, aan die groep voorgehou. In die boekvoorlesing word die kostelike staaltjie vertel van die man wat by die kus met vakansie was. In kort kom dit daarop neer dat hy met sy kinders wou gaan visvang. Die winkelier het hom meegedeel dat daar wel vis is, maar nie “nou” nie - eers Oktobermaand. Die man is strand toe en vind toe wel ‘n man wat probeer visvang, maar niks regkry nie. Hy vertel toe wat die winkelier gesê het. Die man sê toe dat hy weet daar sal eers in Oktober vis wees, “maar ek is nóú hier en daarom vang ek nóú vis.” Prof Dirkie skryf dat die woorde, “maar ek is nóú hier”, net sowel die titel van ‘n boek oor die Protestantse etiek kan wees, “daarom begin die Christelike lewe by die roeping, die vocatio, die ek-is-nou-hier.”
Daaruit het ds Dirk dit aan die groep duidelik gemaak dat mense nie hul lewens moet omwens wanneer omstandighede moeilik raak nie, of wens dat hulle iemand anders was of elders in beter tye was nie, “want óns is nóú híér!” Dr Bobo het die volgende bygevoeg: “Om in die Kerk te werk, is om verhouding te bou en dit is ‘n langtermynprojek.”
Na verdere gesprekvoeringe deur ds Dirk met die groep Hulpwerkers, is daar gesellig met die geniet van smaaklike verversings saamgekuier.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.