R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die absolute noodsaaklikheid van sigbare en duidelike straatnommers by wonings, asook besighede, is onlangs weer eens tydens Wykskomitee-vergaderings beklemtoon, nadat ‘n artikel daaroor ook in die Desember Nuusbrief van die Overstrand Munisipaliteit geplaas is. “Tensy jy jou huis of eiendom se nommer sigbaar vertoon, sal dit nodeloos wees om ‘n ambulans, die brandweer of die polisie in ‘n noodgeval te ontbied. Om die waarheid te sê, dit kan noodlottige gevolge hê,” lui die artikel.
Die skrywe in die dokument is deur Roderick Williams, Direkteur: Gemeenskapsdienste opgestel. Hierdie skrywe aan Wykskomitees is die eerste stap om inwoners aan te moedig om aan die munisipale regulasie rakende straatnommers gehoor te gee. Kragtens die tersaaklike munisipale verordening kan huiseienaars aanspreeklik gehou word vir enige skade wat spruit uit die nalating om ‘n perseel se toegewese nommer na behore te vertoon. Hierdie nommers, hetsy redensieel of kommersieel, moet op ‘n hoogte van 1.5m bo die middellyn van die aangrensende straat of pad leesbaar wees. Daar moet ook gelet word op nommers wat mettertyd verweer het, sodat dit weer opgeknap kan word. Inwoners moet ook seker maak dat die straatnommers in hul fisiese adresse op munisipale-rekeninge korrek is en, indien nie, moet dit aan die munisipaliteit gerapporteer word. Die klousule 18, paragraaf 1(a-b) van die munisipale regulasies sit genoemde inligting duidelik uiteet. Paragraaf 2 van die klousule lui soos volg: “If the owner of any premises fails to comply with any direction in terms of a notice contemplated in sub-section (1), the Municipality may cause such direction to be executed and the owner shall be liable for the cost incurred by the Municipality in having the direction executed.” Wykskomiteelede word deur die munisipaliteit versoek om eienaars van wonings aan te moedig om te verseker dat straatnommers korrek aangebring is en dat die nie-nakoming van die bepaling aan die spesifieke munisipale kantoor gerapporteer word. Navrae in hierdie verband kan aan die Overstrand Munisipaliteit by enquiries@overstrand.gov.za gerig word, of die plaaslike munisipale administrasie kan gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.