R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“ 'n Psalm van Dawid. Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, HERE? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?” (Ps. 13:1,2)
“Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My GOD, my GOD, waarom het U My verlaat? (Mat 27:46)
Het jy nie al baie kere soos Dawid gevoel hier in Psalm 13 nie? Jy roep na GOD in jou noodsituasie – maar Hy antwoord jou nie en jy hoor beslis nie Sy stem nie! Jy is nie alleen nie. Die meeste gelowiges gaan deur dieselfde worsteling. Dit lyk regtig nie asof GOD ons gebede beantwoord nie. Ja wel, ons hoor van baie mense wie se gebede verhoor is, maar dit voel asof die HERE van jou af wegkyk, nê? (Ps. 13:1)
Ek wonder hoe moes Jesus gevoel het toe Hy aan die kruis gehang het en na GOD roep en ons weet ook daar het GOD Hom nie geantwoord of gehelp nie! Hoe dan nou? Sê die Bybel dan nie uitdruklik op baie plekke dat GOD ons gebede sal beantwoord nie? Weerspreek die Bybel homself? Beslis nie. Ons moet altyd na die groter prentjie kyk.
As jy verder lees in Psalm 13 sal jy by die verse uitkom waar Dawid die HERE prys vir Sy getroue liefde en die feit dat Hy nog altyd aan hom goedgedoen het. “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.” (Ps. 13:5,6) Al roep Jesus in Sy nood na GOD en GOD antwoord nie, is Jesus se volgende woorde baie meer belangrik. Onthou jy dit? “Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.” (Luk 23:46)
Wat gebeur in al twee hierdie gedeeltes? Dawid prys die HERE wat op Sy tyd die uitkoms gee en weer aan hom sal goeddoen. Jesus weet dat GOD se plan met Hom en die wêreld die grootste daad van liefde en vergifnis is – en daarom gee Hy sy gees aan GOD oor – ja, hy berus in GOD se plan met Hom.
Wanneer dit vir jou lyk asof GOD nie jou gebed beantwoord of dat Hy na jou luister nie, moet jy altyd onthou om na die groter prentjie te kyk.
GOD is in beheer van elke situasie. Hy weet die beste.
Hy gee die beste. Sy plan met jou is besig om uit te werk. Begin nou om Hom te prys vir Sy liefde en Sy trou!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.