R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ek het so teen 6-uur wakker geword en ‘n geritsel op die dak gehoor, wat ek aan die seevoëls toegeskryf het, maar by nadere ondersoek het ek met ‘n skok besef my huis is aan die brand,” vertel Marie Smith van Kusstraat 13A, Kleinbaai. “My be-noudste oomblikke was toe ek al die knoppies op my afstandbeheermeganisme druk en niks werk nie!” Die bure, Kevin Debbage en Margaret Glasby, het ook gesien wat gebeur en net met nagklere aan en kaalvoete uitgestorm om te gaan help.
Binne oomblikke was die begin van Marie se rustige dag op Sondag, 22 Februarie 2015 in chaos gedompel.
Na bewering het mense redelik ver daarvandaan minstens drie harde plofslae direk na mekaar gehoor. Vermoedelik was die eerste ontploffing afkomstig van haar Mercedes Benz in die dubbel-motorhuis onder haar woning, wat in geheel uitgebrand het.
“Te oordeel aan die geluide wat ek gehoor het, moes die brand bo in die dak begin het, maar tans is dit nog onduidelik wat die brand kon veroorsaak het,” het Marie hierdie week gesê.
Tydens ‘n onderhoud met Gansbaai Courant kort ná die voorval, het ‘n geskokte Marie plotseling gesê: “As julle by die huis kan inkom, daar is beskuit op die tafel!” Sy het ook gesê dat, te oordeel aan die struktuurbeskadiging, blyk dit nie moontlik te wees om die woning te herstel nie. Enkele beskadigde meubelstukke, ornamente en ander items kon gedeeltelik gered word. “My skoonseun van Riversdale, waar ek ook tans tuisgaan, het vir ‘n vragmotor gereël om alles wat uitgedra is daarheen te neem om voorlopig te stoor totdat die versekeringseis afgehandel is,” sê Marie. “Gelukkig het ek, toe ons sowat 20 jaar gelede van Stellenbosch af hierheen verhuis het, heelwat van my kosbare oudhede en antieke meubels onder my kinders verdeel, anders was dit alles nou daarmee heen.” Sy sê ook sy is dankbaar vir haar kosbare antieke koperhemelbed wat uitgedra is en herstel sal kan word. Marie is dankbaar dat sy ongedeerd daarvan afgekom, met net suurstoftoediening vir die skok deur Riaan Buys van Overstrand Medical Response. Sy is ook ‘n getroue lid van Gansbaai Wynproegilde en heelparty van die lede was vinnig by haar vir ondersteuning. Tydens ‘n opvolg-telefoongesprek met haar in Riversdale, het ‘n bewoë Marie aan Gansbaai Courant gesê: “Ek is besig om deur die goedjies te gaan wat uitgedra is en ek dink die werklike skok tref my nou eers!”
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.