Haaiboottragedie-span mag appelleer

Haaiboottragedie-span mag appelleer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eienaars van die haaikykboot, Shark Team van White Shark Projects, het op Maandag, 23 Februarie 2015 verlof tot appél ontvang in die hofuitspraak teen hulle. Die saak spruit voort uit die tragedie op 13 April 2008 toe die haaikykboot naby Dyer Eiland omgeslaan het en Chris Tallman een van drie toeriste was wat verdrink het. Chris se eggenote, Sarah het ‘n eis ten bedrae van sowat R50m ingestel. Sy het aangevoer dat daar nie genoeg gedoen is om die ongeluk te voorkom nie, en/of dat daar nie behoorlik seker gemaak is dat alle passasiers gered sou kon word nadat die boot omgeslaan het nie. Hierdie aantygings is deur Grant Tuckett en White Shark Projects ontken. Die hofsaak is destyds beskou as ‘n saak wat onder andere die perke van vrywaringsvorms, wat vooraf onderteken word, gaan toets. Daar was 19 mense aan boord toe die 11m boot onverwags deur ‘n reuse brander, wat skielik tussen die 2m hoë deinings opgedoem het, getref is. In Desember verlede jaar het waarnemende regter Alec Freud in die Wes-Kaapse hooggeregshof beslis dat Grant Tuckett, wat destyds die skipper was, nalatig was omdat hy onder andere nie na die deinings opgelet het nie. Die hof het ook bevind dat die nodige stappe nie gedoen is om te verseker dat die passasiers uit die water gered is nie. ‘n Datum vir die appélaansoek in Bloemfontein sal later bepaal word.

Hardus Botha

Haaiboottragedie-span mag appelleer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.