R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die prettige Skemerstap wat jaarliks deur Gansbaai se Goue Gande ten bate van Herberg-aan-See aangebied word, is op hande. Op Woensdag, 4 Maart 2015 kan deelnemers weer by die Kleinbaai Sleephelling om 17:30 vir 18:00 bymekaarkom.
Die groep stap daarvandaan kuslangs met die gruispad, dan op die kuspaadjie verby Rooikransies, met die laaste gedeelte op die teerpad en die nuwe wandelpad kuslangs voor Franskraal verby tot by die Strandveld Museum. Motors kan by Kleinbaai Sleephelling gelaat word - vervoer terug sal verskaf word aan diegende wat nie wil terugstap nie.
“Lekker loslit-stapklere en gemaklike skoene word aanbeveel, asook ‘n kombersie of iets om by die eindpunt op te sit,” sê Francia van Dyk, sameroeper van die Goue Hande. Rolstoele is eweneens welkom en hulle voertuie kan by Seaviewrylaan 19 parkeer word, vanwaar hulle aan die staptog tot by die museum kan deelneem. “Maak seker dat u naam op die lys by HaS geplaas word, of kom doen dit tydens Vrydag se Woekermark in die Pretoriussaal sodat die nodige reëlings getref kan word,” sê Francia.
“Daar is ‘n afsnypunt vir inskrywings en elke deelnemer ontvang ‘n koevert, wat vir ‘n donasie bedoel is, met die instruksies daarbinne.” Sy sê die koevert moet saamgeneem word na die eindpunt, aangesien daar ‘n bewys vir versnapperinge in is wat getoon moet word. (Die Tehuis kan ook vir ‘n koevert geskakel word, wat dan by die eindpunt beskikbaar sal wees.)
Hierdie jaarlikse Skemerstap lewer vele pret en saamkuier op en terselfdertyd is die inisiatief ten bate van Herberg-aan-See. Francia van Dyk kan by 028-384-0262 of 082-551-3613 vir navrae geskakel word, of kontak die Tehuis by 028-384-0501. Onthou die datum: Woensdag, 4 Maart 2015.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.