R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Tannie Glenda Kitley, Gansbaai Toerisme se Bestuurder, het vir my gevra of ek nie jongmense kan kry sodat ons ‘n Gansbaai Jeugklub op die been kan kry nie,” vertel Elzaan van Lill. “Ek het toe daarin geslaag om ‘n paar staatmaker jongmense bymekaar te kry en ons almal is ewe opgewonde oor die gedagte.”
Die begrip “jeug” omskryf hulle as 16-30 jariges. Die kerngroep jeuglede wat glo hulle gaan hierdie inisiatief laat werk, is Elzaan van Lill (voorsitter/sameroeper), Mulcolm Mulope (ondervoorsitter), Nkosinathi Ally Msweli, Lelethu Klaas, Stefan Kruger, Zandré Nelson, Daniel Boshoff en Emeul Sauls.
Naas enkele beplanningsvergaderings wat al plaasgevind het, beplan hulle om op 1 Maart vanjaar by De Uijlenes bymekaar te kom vir behoorlike beplanning en die vasmaak van datums. Interessante idees wat al bespreek is, is onder andere ‘n sport- of boeresportdag, skattejag, nagskattejag, fliekaand, talent-aand, musiekaand, speletjiesaand en veel meer.
Die groep neem ook kennis van ander datums wat deur Gansbaai Toerisme beskikbaar gestel word om te sorg dat hulle ook daar betrokke sal wees, of teenwoordig sal wees. Hulle dink ook aan geleenthede waar hulle meer oor die geskiedenis van Gansbaai kan leer, of selfs om ‘n opvoering in daardie verband te reël. Selfs ‘n interne fotokompetisie is nie uitgesluit nie. Indien hierdie kerngroep vasbyt en deur ander jongmense vanuit Gansbaai, Blompark en Masakhane ondersteun word, kan hierdie inisiatief slaag.
Daar word ook reeds aan ‘n eie embleem (logo) gewerk.
‘n Baie belangrike datum vir jongmense om ‘n aantekening van te maak, is Donderdag, 5 Maart 2015 wanneer daar ‘n “ope-vergadering” om 18:00 by Gansbaai Toerisme sal plaasvind. Alle jeug (16-30) is welkom om die vergadering by te woon en insette te lewer om by te dra tot die sukses van hierdie mooi inisiatief. Die groep is reeds op Facebook as “Gansbaai Jeug”.
Vir navrae kan Elzaan van Lill by 079-880-4035 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaijeug@gmail.co.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.