R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”
(Mat 6:19-21)
Ek sit vandag en dink aan die huis wat oor die naweek in Kleinbaai afgebrand het. Dit moet verskriklik wees as jou huis, jou besittings en al jou kosbaarhede in ’n oogwink deur ’n brand of ’n storm verwoes word. Ek wonder wat sal ek doen? En jy?
Kom ons sê jy weet jou huis gaan afbrand. Wat sal jy saamneem? Wat sal jy red? Jy mag dit net in jou twee arms uitdra. Wat sal jy die meeste van alles met jou wil saamneem.....?
Glen Adsett, ’n Amerikaanse sendeling wat baie lank in China gewerk het vertel hierdie verhaal uit sy persoonlike ondervinding. Om ’n sendeling in ’n kommunistiese land te wees was baie moeilik en hy en sy gesin is baie keer vervolg en later in huisarres geplaas. Hulle kon nêrens heengaan nie. Op ’n dag kry hulle die bevel: “Julle word gedeporteer Amerika toe!” Hulle was baie bly. Dit sou beter wees om terug te gaan. Maar hulle is alleen toegelaat om 100 kg bagasie saam met hulle as man en vrou saam te neem. Dit was baie moeilik om te besluit wat sou hulle saamneem. Hulle kosbare boeke? Dalk hulle eetstel? Hulle video’s en rekenaartoerusting? Alles is op die weegskaal gemeet, afgehaal en omgeruil met iets anders. Na baie gemeet en gepas het hulle 100kg se besittings bymekaargesit en was hulle gereed om te gaan.
Toe die soldate hulle kom haal het hulle die skokkende nuus gekry: “Wat weeg julle kinders? Het julle hulle ingereken by julle twee se toegelate 100 kg?” Wat weeg hulle kinders? Binne ’n oogwink het hulle al hulle waardevolle besittings agtergelaat – en het dit vir hulle duidelik geword wat is die belangrikste!
Dit is nie ons aardse besittings wat tel nie. Daarom dat Jesus ook sê: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Mat. 6:21) Is jou harde werk om besittings bymekaar te maak regtig belangriker as die tyd wat jy aan jou kinders moet spandeer? Is die vrede wat jy in jou hart het as jy jou verdiep in GOD se Woord nie belangriker as die ure wat jy voor die TV deurbring nie?
Miskien is dit tyd dat elkeen van ons ’n opsomming maak van wat is vir ons die belangrikste dinge in ons lewe. Wat gaan jy in elk geval eendag met jou saamneem as jy sterf? Wat ek in my hart dra en my verhouding met my GOD is beslis baie meer werd as enige aardse besittings en goeters!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.