Om voort te bou op n Droom

Om voort te bou op n Droom

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Om voort te bou op ‘n droom”, is die passievolle wens van Lynette van Wyk van Gansbaai. “Ek is dankbaar dat die Here iemand met Staci se talente hier in Gansbaai oor my pad gestuur het om met my droom oor kinderdansers voort te gaan,” sê Lynette. “Ek glo daar is ‘n rede daarvoor en Staci beskik oor ‘n kosbare persoonlikheid met al die nodige talente daarvoor.”

Tans rig Staci, met Lynette as Mentor, twee groepe kinders, juniors en seniors, in Fit4All van Diana van Amerongen in die Great White Junction sentrum af. Lynette is ‘n voormalige en professionele balletdanseres en was op haar tyd ‘n bekende in balletkringe, waar sy vele hoofrolle in hoogaangeskrewe ballet-opvoerings wêreldwyd vertolk het.

Sy het Dance Variations Co Ministries op 4 September 2005 in die Maranatha Family Church in Ballito Bay, KwaZulu-Natal gestig, waar alle vorme van dans, soos Ballet, Ballroom, Lofdanse en ander afgerig is. Sy is nog steeds ‘n dansafrigter as lid van die Royal Academy Dancing (RAD), London, maar tree net as hulpafrigter en mentor vir Staci se groep dansers op.

“Ek noem Staci my Angel,” sê Lynette. “My passie vir dans, wat altyd aan Christelike waardes gekoppel moet wees, is te groot om op te gee en daarom is my dankbaarheid teenoor Staci se belangstelling en betrokkenheid so groot.” Woensdae word die juniorgroep (4-9 jaar) en Donderdae die seniorgroep (10-18 jaar) vanaf 16:00 tot 17:00 afgerig.

Belangstellendes kan vir Lynette by 082-480-0197 skakel, of skakel vir Staci by 081-421-1068.

Hardus Botha

Om voort te bou op n Droom

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.